Die Visepresident vir Jagsake van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging, Dave Hayter, en die bewaringbestuurder, Lizanne Nel, het in September die jaarlikse wildlewe konsultasieforum WCF bygewoon wat deur die Safari Club Internasionale Stigting (SCIF) aangebied is om met relevante rolspelers in Afrika oor die verantwoordelike bestuur van wildlewe op die vasteland te skakel. SA Jagters het aktief deelgeneem aan gesprekke soos die handel in wild, die sosiale aanvaarding van jag in Afrika, die wildlewebedryf, gemeenskapsbetrokkenheid en Afrika-gebaseerde benaderings tot bewaring. Vanjaar se byeenkoms was weereens meer as net ’n saamtrek; dit was ’n geleentheid om ʼn gedeelde verbintenis tot bewaring, ons jagerfenis en die SAOG te bevestig. Die passie en vriendelikheid van die Zambiese regering wat die byeenkoms saam met SCIF aangebied het, het bygedra tot ’n kultuur van samewerking en ondersteuning wat nuwe insigte en vasberadenheid bevorder het om tot voordeel van mense en wildlewe te werk.
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING