Die bewaringspan het by die bekendstelling van die nuwe groter SA Jagters-winkel op 11 November met besoekers gesels oor die vereniging se bewaringsinisiatiewe terwyl die kinders kon inkleur en deelneem aan pret soos met die goeie ou bokdrolspoegkompetisie.
Rolene Eber-Meyer,(11) en Lené Engelbrecht (7) het die inkleurkompetisie se twee afdelings gewen. Nico du Plessis se belangstelling in die natuur was duidelik en hy kon die skedels van ‘n steenbok, duiker en jong springbok maklik identifiseer omdat hy van kleintyd af naby aan die natuur leef.