Die SA Jagters Browning Nasionale Haelgeweerkampioenskap is op Saterdag 16 September 2023 by die Hippo Creek Shooting Centre gehou. Die kompetisie is vanjaar deur die nasionale kantoor aangebied. Dorothy en Charlene was reeds vroeg op hul pos om die registrasie te behartig. Elke deelnemer het ’n kopie van Die AGRED gids tot jagvoëlbestuur in Suid Afrika ontvang. .Altesaam 58 skuts het ingeskryf. Deelnemers is genooi volgens 2023 se streekranglys.
SA Jagter se president, Basie Bergh, het die byeenkoms geopen en Jim van Zyl (Nasionale Haelgeweer Koördineerder) het die ordereëlings hanteer. Die kompetisie het uit 13 verskillende bane bestaan met ’n totaal van 100 kleie wat volgens die “Combined Pairs” reëlboek aangebied is.
Die tellings wat behaal is, was van die hoogste ooit op ’n nasionale kampioenskap van SA Jagters, met die allemintige wentelling van 98 wat Wynand Kotze (Vaaldriehoek-tak) wat aan hom die titel van Nasionale Haelgeweer Kampioen besorg het. Frik Roets (VP Skietsake) en Boetie Kirchner (bestuurder jagsake) het die prysuitdeling behartig. Inyathi Sporting Supplies was die hoofborg van die dag. Behalwe vir die pryse vir die wenners, het ander deelnemers ook pryse in ’n gelukkige trekking ontvang.
Alhoewel dit ’n dag van strawwe kompetisie was, het almal groot pret gehad en was die gees onder deelnemers gemoedelik, veral wanneer skuts die “maklike kleie” misgeskiet het. Die dag se verrigtinge is afgesluit met ’n heerlike ete wat deur Hippo Creek se personeel voorberei is.
15 skuts het vir SA Jagters se nasionale kleure gekwalifiseer. Die finale uitslag was:

Ope Klas
- Wynand Kotze – 98
- Johan Badger – Eloff 97
- Johann van de Giesen – 96
Senior Mans
- Wynand Kotze – 98
- Johan Badger – Eloff 97
- Johann van de Giesen – 96

Veterane
- Cobus Alberts – 92
- Wim Bornman – 91
- Erich Schmidt – 85

Super veterane
- Andre Pienaar – 91
- Charl Naude – 84
- Dave Gould – 83

Dames
- Yolandi Kotze – 93
- Mabel Eloff – 84
- Sanet van Jaarsveld – 81

Juniors
- Rouvaun Symington – 93
- Zanko Symington – 87
- Frederik Rademan – 85

Span
- Topgun 378 (Vaaldriehoek) – 378
- Suikerbos 1 (Suikerbosrand) – 363
- Symington Shooters (Brits) – 355
