• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Overbergtak – Droogtehulp projek

SAJWV Overberg tak se Droogtehulp Projek was die idee van Essie Esterhuyse en Frank Esterhuizen. Beide bestuurslede van Overberg tak. Hulle wou op ‘n wegbreek naweek twee bakkies vol mielies na boere in Sutherland neem. Dit was al-om bekend dat die droogte sy tol eis in die Wes- en Noord Kaap. Dorpe soos Sutherland en Fraserburg is weens hulle ligging ver van die hoofroetes af met die gevolg dat hulle min hulp kry van ander droogtehulp projekte.


Die nood is egter met ondersteuning van die voorsitter van die tak op daardie stadium, Justus Harmse, onder die aandag van die tak lede gebring en daar is in Oktober 2017 besluit om die SAJWV-Overberg Droogtehulp Projek van stapel te stuur. As jagters wat oor jare op ‘n verantwoordelike wyse op plase in die Sutherland distrik gejag het vir wildsvleis op die tafel, het hierdie jagters besluit om boere in die distrik te help om hul wild en vee aan die lewe te hou deur ‘n droogte tydperk wat al in sommige areas, meer as vyf jaar voortduur. Op van die plase het dit vyf jaar laas noemenswaardig gereën. Daar is vee en wild wat tans met die hand gevoer word aangesien hul van honger nie verder kan loop na voer of water nie. Hoewel die fokus aanvanklik was op bystand aan diere, het dit gou aan die lig gekom dat daar verskeie families is wat ook nie meer kos op die tafel het nie en die hulp is uitgebrei om ook aan verdienstelike gesinne, kos te voorsien.


Lede betrokkenheid:
Die leier span het dit goed gedink om lede van die tak sowel as die publiek te nader vir skenkings van mielies, droogte korrels, lusern pille wat maklik op bakkies en sleepwaens gelaai kan word, sowel as kos, petrol en vervoer. Finansiële skenkings ter ondersteuning van die projek is ook bekom.  Die gemeenskappe in die Overberg streek het hande gevat en saam met die lede van Overberg tak ‘n ongelooflike inisiatief geloods. Finansiële skenkings is en word steeds gebruik om voer van Kaap Agri aan te koop sodat dit na droogte geteisterde gemeenskappe geskuif kan word. Verskeie lede is telkens betrokke om fondse en skenkings te beding, te help met die organisasie van alle aspekte gekoppel aan die  aflewerings en dan ook om die aflewerings te doen.


Mobilisering van die gemeenskap:
Daar is baie organisasies en individue wat te veel is om op te noem, wat genoeg vertroue in hierdie span en die projek gehad het om mildelik by te dra. ‘n Anonieme donateur het byvoorbeeld eenmalig ‘n bedrag van R218 000k geskenk as bydrae tot die inisiatief. Aangesien alle bydraes opreg waardeer word, het die span versoek dat niemand uitgesonder word nie. Meer as twintig besighede en organisasies het egter bygedra, om nie eers die aantal individue te noem nie.


Impak:
Om die impak van ‘n welwillendheidsprojek soos hierdie te bepaal, wat nie net wild en vee raak nie, maar ook mense in hul daaglikse bestaan raak,  is byna onmoontlik. Hier dink ons byvoorbeeld aan elke werker wat ‘n fooitjie gekry het vir hulp om mielies in sakke te sit. Vragmotor bestuurders wat duisende kilometers ry en honderde man – ure se tyd insit.   Sulke helpers se gesinne het ook baat gevind deur die inisiatief.  Die aantal diere wat se lewens gered is, kan nie in geldwaarde omgesit word nie. So ook nie die emosionele impak op mense wat bevoordeel is nie. Hierdie projek het menige boer toegelaat om hul koppe omhoog te hou deur ander mense wat hul ondersteun het om vas te byt  en nie moed op te gee nie.


Die volgende is net enkele statistieke:

AREATOERUSTING HUUR VOER WAARDEBRANDSTOF WAARDESMAN-UREAANTAL VRYWILLIGERS BETROKKEPERSONE DIREK BEVOORDEEL
SUTHERLAND R27 200R1 147 000R831 0002005127669
FRASERBURG R44 800R680 100R1 106 600171991344
TOTAL R72 000R1 827 100R1 937 60037242181013

Die totale finansiële waarde van die projek oor die periode van twee jaar is ongeveer R4 miljoen, met nog projekte wat in die vooruitsig gestel word. Dit is uitgesluit die tyd van die mense wat deelgeneem het aan die projek.  


Die werk wat die tak doen het ongeveer 2000 mense se lewens direk geraak. Meer as 17000 mense is bereik op FaceBook waar lede van die publiek kon lees van die werk wat jagters in hul omgewing doen. Verskeie artikels is gepubliseer oor die projek en ondersteuning vir die projek het sover as Gauteng gekom.


Hierdie bewaringspan van Overberg tak het aan die mense in hul omgewing, ander lede van SA Jagters en die gemeenskap gedemonstreer dat jagters nie net die wildbedryf verantwoordelik benut in tye van oorvloed nie, maar omdat hulle so na aan die natuur leef, is hulle ook die eerstes om hulp te verleen om die hande te versterk van die rentmeesters wat hierdie diere en hul habitatte bestuur en bewaar wanneer dit moeilik is. Die feit dat hierdie projek nie ‘n verval datum het nie en die leierskorps van Overberg steeds nougeset betrokke is by voortgesette hulp leniging is iets waarop elke lid van SAJWV trots kan wees.


Aan die volgende persone is as leierspan van die Overberg tak se droogtehulpprojek die Orde van die Berghaan toekenning gemaak op 1 November 2019 by die SA Jagters Kongres:

  • Danie de Waal
  • Jacques Supra
  • Andrew Beukes
  • Phillip van Heerden
  • Essie Esterhuyse
  • Jan Conradie
  • Frank Esterhuizen
  • Justus Harms
  • Jacques Goosen

‘n Deel van die Overberg vrywilligers wat die Droogtehulp projek bedryf gedurende die eerste aflewering met hoofsaaklike bakkies en ‘n klein trokkie om te kyk wat gaan werk en daarna is 35 ton trokke gebruik om die groot hoeveelhede veevoer te vervoer.

Konvooi staan gereed om te vertrek na Sutherland – hierdie was die eerste konvooi en het ‘n skenking van R4000 se mielies deur die Kaapagri ingesluit.

Konvooi staan gereed om te vertrek na Sutherland – hierdie was die eerste konvooi en het ‘n skenking van R4000 se mielies deur die Kaapagri ingesluit.

Overberg bestuursgroep en ander vrywilligers help op Sutherland om die massasakke te verdeel in kleiner sakke wat daarna uitgedeel word aan die boere.

Overberg konvooi wag vir ander trokke om Verlatenpas op te kom – die pas is ‘n uitdaging en selfs die gelaaide bakkies kon nie vinniger as 60 km/h teen die pas uit nie.

Overberg konvooi wag vir ander trokke om Verlatenpas op te kom – die pas is ‘n uitdaging en selfs die gelaaide bakkies kon nie vinniger as 60 km/h teen die pas uit nie.

Veevoer word afgelaai op Sutherland

Veevoer word afgelaai op Sutherland

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!