Junior Skietkampioenskap 2024 die grootste nóg
SA Jagters se Sandrivier-58-tak het op 27 en 28 September 2024 die Vereniging se jaarlikse nasionale Junior Skietkampioenskap by die Excalibur-skietbaan op Welkom in die Vrystaat aangebied.
Dit was die grootste nasionale Junior Skietkampioenskap byeenkoms tot dusver met 189 junior skuts. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het. Die weer het mooi saamgespeel en dit was twee pragtige dae – effe koud in die oggend – met matige temperature vir die res van die dag. Baie dankie aan Sandrivier-58-tak vir hul gasvryheid en die professionele aanbieding oor die twee dae. ʼn Spesiale woord van dank aan die administratiewe beamptes en baanoffisiere.
Hierdie byeenkoms was die negende nasionale junior kampioenskap wat Sandrivier-58 aangebied het. Baie geluk en baie dankie aan julle!
Baie dankie ook aan National Cartridge, Jonsson Workwear, HT Pelatona Projects (Pty) Ltd, en Crown National vir hulle ruim borgskappe. Julle ondersteuning het bygedra tot die sukses van hierdie byeenkoms. Dankie aan al die ouers wat hul kinders deur die jaar ondersteun het met al die voorbereiding.
Junior skuts wat op streeksvlak deelgeneem het en die Top 50 streekranglyste behaal het, is genooi om in die volgende skietoefeninge deelgeneem:
- Junior skuts onder 9 jaar, veerluggeweer
- Junior skuts onder 13/16/18 jaar, veerluggeweer, drukluggeweer en randslag
- Skuts onder 25 jaar IGRF 25 m presisie
Die skakel na al die foto’s kan by Marette verkry word (terwille van ons kinders is dit nie oop vir die publiek nie)