SA Jagters se Sandrivier-58-tak het op 6 en 7 Oktober die Vereniging se jaarlikse Nasionale Junior Skietkampioenskappe by die Excalibur-skietbaan op Welkom in die Vrystaat aangebied. Dit was twee baie warm dae maar ten spyte daarvan het die jong deelnemers goeie tellings geskiet en dit baie geniet. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het. Dankie aan al die ouers wat hul kinders deur die jaar ondersteun het met al voorbereiding. Baie dankie Sandrivier-25-tak vir hul gasvryheid en die puik reëlings oor die twee dae en spesiale woord van dank aan die Baanoffisiere vir hulle professionele diens oor die hittige twee dae.
Junior skuts wat onder die top 50 was in hul streek, het deelgeneem aan die volgende klasse:
- Junior skuts Onder 9 in die 10 en 15 m veerluggeweer
- Junior skuts Onder 13/16/18 veerluggeweer, drukluggeweer en randslag.
- Skuts onder 25 jaar IGRF 25 m presisie.












Nasionale SA Jagters Junior Kampioenskappe Baanoffisiere 2023

Nasionale SA Jagters Junior Kampioenskappe Administrasie Personeel 2023