Olifante is deel van ons besonderse natuurerfenis in Afrika. Ongekende toename in olifantgetalle regoor Suidelike Afrika plaas toenemend druk op sensitiewe habitatte en spesies. Die kapasiteit en beleidsposisies van die regering beperk die doeltreffende bestuur van die impak van groeiende olifantgetalle op private- en staatsgrond.
Die onlangse gebeure waar ongeveer 80 olifante in Madikwe natuurreservaat van honger gevrek het, bevestig die omvang van die krisis in die bestuur van ons olifante. Die hoë koste van die bewaring en bestuur van olifante beperk die opsies vir hulle hervestiging. Selfs al word olifante gratis aangebied, is daar geen aanvraag nie. Hoewel kontrasepsie die aanteel van verskeie olifantbevolkings beperk, is die aanwas steeds hoër as wat beskikbare habitat kan hanteer. Met beleidsdokumente wat bestuursopsies beperk en kompliseer, is dit noodsaaklik dat owerhede en belangegroepe in Suid-Afrika moet besig oor die bestuur van olifantgetalle tot voordeel van gesonde ekosisteme en langtermyn behoud van ons natuurlewe.
SA Jagters neem deel aan die prosesse om ’n nuwe nasionale olifanterfenisstrategie vir Suid-Afrika te ontwikkel. Die DBVO het die konsepstrategie (Draft National Elephant Heritage Strategy) op 27 Januarie 2025 in die staatskoerant vir publieke kommentaar