Ons bewaringbestuurder, Lizanne Nel, het in Oktober 2025 die Wêreldbewaringskongres (WCG) van die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) in Abu Dhabi bygewoon as een van vele geborgde afgevaardigdes van Afrika. Haar deelname het verseker dat lede se stemme gehoor word oor belangrike kwessies soos die bewaring van wildhabitatte, die bevordering van wetenskapgebaseerde besluitneming, die beskerming van verantwoordelike hulpbronbenutting, en jag se bydrae tot bewaring, voedselveiligheid en sosio-ekonomiese ontwikkeling wat mense se welstand verbeter.
Die IUCN-kongres is een van die wêreld se grootste en mees demokratiese omgewingsbesluitnemingsforums waar regerings, die burgerlike samelewing, plaaslike gemeenskappe, wetenskaplikes en jongmense van regoor die wêreld koppe bymekaarsit oor die nouverweefde biodiversiteits- en klimaatkrisisse wat mense, die planeet en wild ernstig raak. Klik hier vir die volledige artikel.