Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging het ‘n memorandum van samewerking onderteken met SNAG, ‘n forum vir verskeie rolspelers in Suid Afrika wat strikstropery bekamp. Die eerste vergadering van SNAG is vroeg in November in die Laeveld gehou. Die finansiële impak van ons Snare Buster projek wat reeds meer as 12000 strikke verwyder het, is ook voorgehou. Daar is verder bespreek dat strikke nie net ‘n gevolg van armoede is en mense wat kos soek nie, maar dat dit in baie gevalle ‘n opportunistiese strategie is om geld te maak of inkomste aan te vul. Sindikate sien dit ook as ‘n lae risiko aktiwiteit om diere in strikke te vang en die vleis te verkoop. In Suid-Afrika se geskiedenis is grootskaalse strikstropery sovêr bekend, nog nie suksesvol vervolg nie. Buiten vir die vreeslike dood wat diere sterf, het dit nadelige impakte op die voedselketting van roofdierspesies en bedreigde diere soos aasvoëls wat nie noodwendig die teiken van stropers is nie. Vergiftiging loop ook dikwels hand-aan-hand met stropery. Met groter samewerking tussen rolspelers, hoop ons om die oorsake en nadelige impakte van strikstropery deur ‘n geïntegreerde benadering te beëindig.
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING