SA Jagters se bestuurders is deel van die nasionale loodtaakspan wat met ander bewaringsorganisasies, die regering en mediese kundiges saamwerk om ’n openbare webwerf te ontwikkel wat wetenskaplike feite oor die impak van lood op mense en die natuur verskaf. Tydens ’n besprekingsessie in die Laeveld onder jagters, boere, gidse en wildbestuurders is verantwoordelike karkasbestuur by die gebruik van loodgebaseerde ammunisie bespreek, asook die voordele om na loodvrye koeëls oor te skakel.