Die Vereniging bevorder deurlopend die belange van lede, die Vereniging en die wildsektor op verskeie terreine. Só is ’n multisektorale konsultasieprogram van president Cyril Ramaphosa in Noordwes Provinsie op 7 Januarie 2026 benut om belangrike kwessies onder die president se aandag te bring. Lizanne Nel, bestuurder Bewaring het saam met Stephen Palos, uitvoerende hoof van die Konfederasie van Jagverenigings van SA (CHASA), die wildsektor veteenwoordig.
Stephen het daarop gewys dat die doelwitte vir die sektor wat tydens die Phakisa-proses gestel is, steeds relevant is en aandag moet geniet. Lizanne het spesifieke aspekte uitgelig soos erkenning van die ekonomiese bydra van die sektor; beter konsultasie in formulering van wetgewing en beleid; die noodsaaklikheid van plaaslike en internasionale handel; en kapasiteit van die staat om behoorlike diens aan die sektor te lewer.
Die president het positief op hierdie insette gereageer en sy insigte verskaf oor die belangrikheid van sinvolle publieke deelname in formulering van wetgewing en beleid. Aangesien die tyd beperk was, is verdere kommentaar oor relevante kwessies op skrif deurgestuur wat onder andere statistieke oor die jagsektor insluit.
Skakel na die video hier.