SA Jagters het aan die Oos-Kaapse Volhoubaarheidsforum deelgeneem waar ons ‘n aanbieding gegee het oor die belangrike rol wat die wildbedryf speel in die bekamping van biodiversiteitsverlies en aanpassing vir klimaatsverandering. Lizanne, die bewaringsbestuurder, het verduidelik hoe die inkomste afkomstig uit die verantwoordelike benutting van wild direk teruggeploeg word in bewaring en rehabilitasie. Hierdie benadering verseker volhoubare finansiering vir inisiatiewe wat bydra tot ’n veerkragtiger toekoms vir mense en wildlewe.
Die positiewe terugvoer wat ons ontvang het, is ’n goeie aanduiding van die sterk steun vir die rol wat die private sektor, wildboere en jagters in bewaring speel. Dit was ook duidelik dat meer gedoen moet word om hierdie bydrae doeltreffender te kommunikeer en beter bekend te stel.