Branch Member – Tuinroete
Gerhan Archer
Marketing / Funding
”Die rol van bewaring raak al hoe groter en as elkeen net sy klein deeltjie doen, kan ons ‘n groot verskil maak in die plekke waar ons woon, werk en jag. Dit is belangrik dat ons die kinders van jongs af leer om daarop ingestel te wees om ‘n lewenstyl te leef wat daarop gefokus is om te bewaar.”
Gerhan is in Namibië gebore, sestien jaar getroud met Estée en is die trotse pa van drie kinders, Lihan, Alrie en Laré. Hy is ‘n passievolle jagter wat die afgelope 17 jaar lid is van die Vereniging. In 2009 het hy die stigtingsvergadering van Tuinroete-tak bygewoon waarna hy betrokke geraak het by die bestuur. Hy dien die afgelope 10 jaar as voorsitter van die tak.
Sy liefde vir jag en die natuur het aanleiding gegee dat hy homself as beroepsjagter gekwalifiseer het. SA Jagters lê hom baie na aan die hart en hy sê dikwels dat hy alles in sy vermoë sal doen om die Vereniging uit te bou. Hy dien die afgelope paar jaar reeds op die bewaringskomitee en neem ook leiding in die tak se bewaringsinisiatiewe wat onder andere die loodsopnames gedoen het vir die Water vir Lewe bewaringsinisiatief van die Vereniging.