Vice President Conservation
Rirchard Sowry
Chairperson
“Die belangrikste bydrae wat lede en jagters tot bewaring kan maak is die besluit oor waar om te jag. As bewaarders van die omgewing, moet ons besef dat hierdie keuse deurslaggewend is in ons ondersteuning van wildlewegebiede, verantwoordelike wildlewe bestuurspraktyke, en dat dit waarde toevoeg tot grondgebiede waar wild voorkom. Dit dien as aansporing vir grondeienaars om die ekonomiese aspekte van hulle bedrywighede te prioritiseer terwyl hulle bewaring en die omgewing in ag neem.”
Richard Sowry is ʼn lid van die Mopani -tak en die visepresident vir bewaring van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging waar hy ook die voorsitter is van die bewaringskomitee. Bewaring is sy beroep en hy werk voltyds as veldwagter in die Pafuri-seksie in die verre noordelike deel van die Kruger Wildtuin waar hy verantwoordelik is vir die bestuur van wild en teenstropingsaksies. Hy is passievol oor jag en eet hoofsaaklik die wild wat hy self jaarliks oes. Richard is daartoe verbind om die feite en kwessies rondom verantwoordelike hulpbronbestuur oor te dra, asook die uiters belangrike rol wat verantwoordelike jag daarin speel. Sy belangstellings sluit in voëlbesigtiging, versameling van Afrikana literatuur, ballistiek, herlaai van ammunisie, en klassieke groot kaliber gewere.