Branch Member – Overberg
Dr. Wynand Vlok
Aquatic Projects / Water vir Lewe Projekte
”Ons het een omgewing en slegs een kans om dinge weer op koers te kry. Habitatverandering, besoedeling en klimaatsverandering is besig om dinge vir ons moeilik te maak, veral water sal ‘n beperkende faktor wees in ons pragtige land.”
Wynand se belangstelling en liefde vir die omgewing het reeds in sy jong dae ontstaan. Hy was bevoorreg om die Nasionale Krugerwildtuin te deurkruis, het Namibië (1970’s) besoek en Desembervakansies aan die Kaapse suidkus deurgebring. Hy was ook gereeld in Swartruggens op die plaas wat hy as die beste, sorglose tye onthou. Hy het destyds met min inligting na voëls en diere gekyk en wou graag meer weet oor hulle ekologie. Gelukkig was hy baie lief vir lees en het hy baie geleer uit storieboeke soos “In Voetpad se Kloof” (PH Nortje), en drie boeke in die Fanie-reeks (PJ Schoeman) Fanie se veldskooldae, Fanie word grootwildjagter en Fanie se vuurdoop.
Na afloop van sy studies op universiteit het Wynand meer tyd in die omgewing bestee en landwyd gereis met projekte wat op varswaterekologie gefokus het. Uiteraard het dit ook die breër omgewing ingesluit met plante, diere en voëls as ʼn belangrike deel van sy lewe. Wynand is die bewaringskoördineerder by Overberg-tak.