SA Hunters and other organisations and professional hunting associations in Africa participated in the annual African Wildlife Consultative Forum (AWCF) recently held in Windhoek, Namibia.
The purpose of the meeting was to discuss the conservation of wildlife, sustainable benefits, and to improve the lives of people in Africa. AWCF focuses on African solutions to Africa-specific conservation issues. This is an African initiative to resolve the continent’s problems. AWCF was established in 2002 and has grown by leaps and bounds thanks to the concerted efforts of its members to protect hunting in all participating countries.
SA Hunters became part of AWCF in 2019 to contribute to the objectives of AWCF and to build relationships with other relevant organisations and countries in Africa and abroad with whom we can join hands in promoting sustainable conservation and repositioning hunting in terms of its contribution to food security, rural economic development, conservation, and a means to improve the well-being of Africa’s people.
Read more here
AWCF – 2023
SA Jagters het weer saam met ander operateurs en beroepsjagtersverenigings van Afrika deelgeneem aan die jaarlikse African Wildlife Consultative Forum (AWCF) wat in Windhoek, Namibië gehou is. Die doel van AWCF is om ‘n platform te bied waar Afrika as ‘n groep die bewaring en bestuur van wild, volhoubare voordele en verbeterde welstand van die mense in Afrika kan bespreek. Dialoog is bevorder onder lande wat volhoubare benutting ondersteun, die jagbedryf en gespesialiseerde groepe soos wetenskaplikes, die IUCN en die US Fish and Wildlife Services. Tydens hierdie jaar se vergadering is voortgegaan om belangrike kwessies te bespreek. Dit sluit o.a. in: hoe gemeenskappe voordeel trek uit wildlewe en jag; olifant-, renoster- en luiperdbestuur en monitering; konflik en teen-stropery; en die integrasie van data en moniteringsprogramme regoor die verskillende lande.
Dit is ʼn feit dat wanneer wild waarde het vir die plaaslike gemeenskap, hulle dit sal bewaar. Wanneer wild ʼn bron van konflik is, ly mense en diere daaronder. Met al die disinformasie oor jag en die aanslag teen jag, is dit uiters belangrik dat die vereniging voortbou op sy leierskaprol in die bevordering van verantwoordelike benutting gerugsteun deur bewaring en dat SA Jagters hande vat met ons vennote in ons eie land en regoor Suider-Afrika. Dit is noodsaaklik dat al die lande wat ten gunste is van volhoubare benutting, sal saamwerk, beter data insamel en beter kommunikeer oor die voordele van volhoubare benutting ten opsigte van bewaring, voedselsekuriteit en landelike ekonomiese ontwikkeling. Drie werkgroepe is geïdentifiseer wat sal voortbou op die werk wat tydens die vergadering gedoen is ten opsigte van wildlewebestuur, data en kommunikasiebestuur en die rol van plaaslike gemeenskappe. Suid Afrika is die bestemming vir volgende jaar se AWCF.