Lede van SA Jagters het ’n unieke geleentheid om by te dra tot ’n bewaringsinisiatief, Small Art for Botha’s Lark, om die Vaalrivierlewerik van uitwissing te red. Die Vaalrivierlewerik is ’n klein bruin voëltjie met ’n oranje-pienk koniese snawel. Dit is endemies aan Suid-Afrika en kom voor op die grasvelde langs die platorand van suidwestelike Mpumalanga.
Met minder 340 van hierdie voëltjies oor, simboliseer hierdie krities bedreigde Vaalrivierlewerik die brose skoonheid van Suid-Afrika se grasvelde. Small Art for Botha’s Lark is ’n kunsinisiatief gedryf deur natuurbewaring wat ’n unieke manier bied om ’n verskil te maak. Kunstenaar Stefanie de Beer het ʼn reeks kunswerke geskep bestaande uit 12 kunswerke wat elk beskikbaar is in twee weergawes: handgekleurde beperkte uitgawe afdrukke (R1245 elk, nou 15% afslag vir lede) en swart-en-wit lino-afdrukke (R560 elk, ook 15% afslag). Die kunswerke is nie geraam nie. Die prys sluit BTW en gratis aflewering in Suid-Afrika in.
Hierdie eksklusiewe aanbod vir SA Jagters-lede bied die geleentheid om ’n betekenisvolle kunswerk te besit en terselfdertyd ʼn noodsaaklike bewaringpogings deur BirdLife Suid-Afrika te ondersteun. Die opbrengs help om belanghebbendes te betrek, monitering te finansier en openbare bewusmaking te bevorder om die Vaalrivierlewerik te beskerm. Daar is slegs 336 afdrukke beskikbaar wat elkeen een van die oorblywende voëls in die natuur verteenwoordig. Hierdie beperkte uitgawes verkoop vinnig.
Vir meer ʼn volledige katalogus, stuur ’n e-pos na prints@stefanie.co.za of ʼn WhatsApp-boodskap aan Stefanie by 0794307930.
Saam kan ons help om die toekoms van hierdie onvervangbare spesie te beskerm.
Lees die Daily Maverick artikel hier
Laai pdf katalogis hier af