• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Springbok-tak – Uilbewaringsinisiatief rondom die N17

Die N17 naby Devon, tussen  Johannesburg en Ermelo is deur die Roofvoëlbewaringsgroep van die EWT geidentifiseer as ‘n kritiese area wat aandag moet geniet m.b.t. uilbewaring. Daar is bevind dat graan wat van vragmotors afval oppad na die silo’s, muise  lok, wat weer lei daartoe dat daar ‘n hoër konsentrasie uile  op daardie strook pad voorkom as in ander areas. Vier uilsoorte is op groot skaal (555 in 2 jaar) deur voertuie gedood op hierdie 30 km stuk pad. Daar is voorgestel dat ‘n “Uilrestourant” projek geloods moet word om uile weg te lok van die pad af. Die bewaringsgroep van Springboktak van SA Jagters het onderneem om die projek te aanvaar en uit te voer.


Die bewaringspan van Springboktak wat hierdie uilbewaringsprojek  nou al vir die afgelope tien jaar koördineer en dit ook uitgebrei het om ander uilbewaringsinisiatiewe in te sluit het gelei het daartoe dat al meer lede en selfs nie-lede betrokke begin raak het by bewaring. Die hele omgewing het as geheel noureeds ‘n sterk fokus op uilbewaring. Verskeie ander bewaringsinisiatiewe rondom uilbewaring is geloods, ook in ander provinsies en navorsingsprojekte  oor uile in die omgewing is reeds begin saam met UP.


Die werk wat hierdie span in Springboktak begin het het reeds daartoe gelei dat die volgende projekte aangepak is met baie groot impak wat baie wyer strek as net die betrokke Tak of die omliggende gebied.


N17 Projek:
Sedert 2007 is meer as 17 voerstasies vir knaagdiere – grootliks muise – opgerig wat twee keer per maand gediens word met nuwe voer en die areas om die sit-pale word skoongemaak. Uitgawes beloop ongeveer R1 miljoen oor tien jaar. Hierdie projek het meeste van die uile weggelok van die gevaarlike pad en die vrektes aansienlik verminder.


Wildlife in Crisis:
  Finansiële bydrae van R350 000.00 en operasionele hulp is gebied aan Wildlife in Crisis vir rehabilitasie van beseerde uile. Verskeie uile is vrygelaat en die jeug word by hierdie geleenthede betrek.


Bewusmakingsinisiatiewe:
Praaitjies en interaksies oor uilbewaring en omgewingsvriendelike plaagbeheer by skole, industriële areas, boere, maatskappye en algemene publiek. Hierdie inisiatiewe strek oor die hele land en sluit areas in soos Vaalrivier, jagplase in die NoordKaap en Limpopo(Waterpoort), vakansiebestemmings soos Gouritsmond en myngemeenskappe in Carletonville. Die webwerf van die tak verskaf ook inligting aan die publiek oor  uilbewaring en wat gedoen moet word as beseerde uile gevind word. Kostes aangegaan met hierdie projek beloop reeds ongeveer R60 000.00


Uilkas Projek
: Daar is ook begin om uilkase te bou en in die omgewing op te sit.  Van die kaste word etlike jare al gemoniteer waar verskeie broeipare kleintjies uigebroei en grootgemaak het. Maatskappye in die omgewing borg nou selfs die hout vir maak van kaste. Die nuutste projek is die ontwerp en vervaardig van ‘n “Uilkas kit” wat landswyd verkoop kan word met riglyne vir installering om verdere fondse vir bewaring te genereer. Daar word ook aanvoorwerk gedoen om minstens 20 nuwe voerderpunte op te rig op ‘n groot produksieplaas in die omgewing wat deur die jeug gemoniteer gaan word en so kinders  betrek en aanspoor om ook sulke aksies te begin en daaraan deel te neem.


Navorsing:
Drie navorsingsprojekte is in 2018 begin saam met die bestuurder bewaring van SAJWV en die Universiteit van Pretoria om die werklike impak van die bogenoemde inisiatiewe meer wetenskaplik te bepaal, kennis in te win rondom die biologie van uile en die groter rol van uile in die  ekologie van die omgewing. ‘n Meestersgraad projek sal ook vir 2019 befonds word met operasionele ondersteuning.


Groei van ledebetrokkenheid
: Onder hierdie span se leiding, het bewaringsbetrokkenheid by Springboktak van minder as 5% voor 2014/15, gegroei na 20.5% (uitgedruk as persentasie van lede wat deelneem aan bewaring tot totale lede deelname).


Aan die volgende persone is as leierspan van die Springbok tak se Uile Bewarings-inisiatief rondom die N17, die Orde van die Berghaan toekenning gemaak op 2 November 2018 by die SA Jagters Kongres:

  • Pieter de Beer
  • Danie Momberg
  • Jakes van der Merwe
  • Gert Cassell
  • Theo Boonzaaier
  • Michael Ferreira
  • Eric Enslin
  • Lionel Smit
  • Louise Liebenberg
  • Nico du Plessis
  • Trevor van Vuuren
  • Chris van Zyl
  • Tania Boonzaaier
  • Michelle de Beer
Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!