• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Snare Buster inisiatief red wildlewe

Die voorkoms van strikke in die veld het geweldig toegeneem die afgekope tyd, veral met die Covid pandemie. Verskeie takke is egter lank reeds aktief betrokke om onwettige stroping  van wild die hok te slaan.

Die Vereniging se Snare Buster projek, waar ons hande vat met ander bewaringsvennote om strikke in wildlewegebiede te verwyder, is volstoom aan die gang. Lede werk  vrywillig om diere van `n gewisse en pynlike dood deur strikke te red en bestee baie ure in die veld – soms in gevaarlike omstandighede om areas skoon te maak van strikke.

Gedurende die laaste 2-3 jaar, is die volgende diere gekry met strikke aan in die Phalaborwa omgewing in gekoordineerde operasies tussen Mopanitak van SA Jagters en die Phalaborwa Natural Heritage Foundation:

3 olifante – al drie gered

2 buffels – een gered, een het dood gegaan terwyl ons die strik afgehaal het

1 leeu wyfie – gered

5 hienas – 3 gered, 2 weg

1 waterbok – gered

4 vlakvarke – 3 gered, een weg

2 rooibokke – 1 vankant gemaak en 1 weg

1 nyala – gered

1 bees – gered

2 kameelperde – 1 gered, 1 weg

Bogenoemde sluit nie diere in wat reeds dood in strikke aangetref is nie.

‘n Seekoeikoei en en haar kalf is in samewerking met veeartse en ander bewaringsinsansies in Maart 2022 in Phalaborwa, met koordinasie deur die Mopanitak, verdoof om ‘n strik om die koei se bek te verwyder wat reeds in haar weefsel ingesny het.

Om met reddingsoperasies te help en finansiële steun te verleen vir veeartsonkoste soos die verdowing van diere om strikke te verwyder en wonde te behandel, kos baie man-ure en geld. Met die toename in gevalle, raak die koste van só `n aard dat ons lede van die publiek  versoek om `n bydrae te maak sodat ons kan voortgaan om hierdie diere te red. Betaal skenkings elektronies in by Absa-rekeningnommer 4093220340 met Snare Busters as verwysing. `n Belastingsertifikaat kan uitgereik word indien nodig.

Die bewaringspan van die Umfolozitak in noord Natal het ook hierdie jaar reeds verskeie teenstropingsoperasies gehad waar areas waar daar geen paaie is nie, te voet gefynkam is vir strikke. Buiten vir gewone wildspesies, is krokodille en seekoeie ook gekry met strikke aan.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!