• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Skietbrille verpligtend op alle SA Jagters skietbane

Die dra van skietbrille (vir volwassenes en kinders) op alle skietbane van die SA Jagters- en Wildbewarings-vereniging gedurende skietaktiwiteite op tak, streek en nasionale vlak is vanaf 1 Januarie 2016 verpligtend. Dit sal geld vir alle tipes vuurwapens en ook luggewere! Skietbrille is slegs verpligtend vir skuts op die skietpunt, nie vir toeskouers nie.

Oorbeskerming is ook verpligtend op alle skietbane van die SAJWV en by alle ander skietdisiplines by skietklubs, jagters- en sportskietverenigings. Die skade aan ‘n persoon se gehoor a.g.v. skietaktiwiteite kan relatief maklik bepaal word aangesien daar toenemend skade plaasvind aan die persoon se gehoor. Die skade raak dus mettertyd al hoe meer opvallend.

Oogbeskerming word deur baie skuts nie eers oorweeg nie. Daar is relatief gereeld verslae oor insidente waar daar probleme voorkom met vuurwapens wat die gebruik van ‘n skietbril onderstreep vir beskerming van die skut se oë en ons noem slegs enkele voorbeelde:

  • SAJWV Nasionale Intertak Spanskietkompetisie –Augustus 2013 – Soutpan skietbaan. Op die Vrydag middag voor die nasionale skietkompetisie het daar fout gegaan op die inskietbaan met ‘n skut se geweer. Die fragmente van die slagdoppie/doppie het sy gesig en oë getref en hy het byna ‘n oog verloor. ‘n Jongman en baie goeie skut wat homself voorgeneem het om nooit weer sonder ‘n skietbril te skiet nie!
  • SAJWV Streek Intertak Spanskietkompetisie – Januarie 2014 – Elerbeck skietbaan te Clocolan. Gedurende die skietkompetisie op die Saterdag gaan daar fout met ‘n skut se se geweer. ‘n Deel van die sintetiese kolf breek af ensny die skut langsaan se skouer oop met ‘n oppervlakkige wond. Dit kon ‘n oog gewees het! 

Alle skuts word aangemoedig om dadelik te begin om skietbrille te dra vir die beskerming van hul oë. Die dra van skietbrille op skietbane tydens skiet aktiwiteite van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging sal vanaf 1 Januarie 2016 verpligtend wees vir skuts.

Persone wat permanent bril dra voldoen reeds aan die vereiste. Daar word aanbeveel dat waar moontlik, skuts oorskakel na sintetiese in plaas van glas lense op permanente brille wat gebruik word om mee te skiet. ‘n Sintetiese lens verskaf in die algemeen beter beskerming as ‘n glas lens indien iets skeefloop en vreemde voorwerpe teruggeblaas word in die skut se gesig/oë.

Persone wat nog nie permanent bril dra nie, moet vir hulle ‘n skietbril aanskaf – skietbrille is geredelik beskikbaar by wapenhandelaars en oogkundiges.

Skuts wat by SAJWV skietbane opdaag sonder ‘n skietbril sal nie toegelaat word om deel te neem aan skietaktiwteite nie! Moet asb nie met ‘n Baanoffisiere daaroor argumenteer nie, dit is die beleid van SAJWV en die Baanoffisier moet dit toepas.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!