• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Nasionale Intertak-spanskietkompetisie 2022

Deur André van der Merwe – Bestuurder Tak- en Skietsake

Die deelnemers het op Vrydag 19 Augustus 2022 op die Meerkatgat-skietbaan vir die jaarlikse Nasionale Intertak-spanskietkompetisie saamgetrek. Hierdie kompetisie het in die verlede uit 30 spanne van vyf skuts elk bestaan, dus ’n totaal van 150 skuts. Teen die einde van 2021 is daar egter op versoek van die deelnemers besluit om dit te verander na 50 spanne van vier skuts elk, dus altesaam 200 skuts. Die 200 skuts is vanjaar in vier aflossings ingedeel, waar daar in die verlede net drie aflossings geskiet is met 50 skuts per aflossing.

Meerkatgat-skietbaan

Die weersomstandighede was ’n groot uitdaging met die wind wat regdeur die dag gewissel het van ongeveer 10 tot 25 km/h en tot en met 10:00 was dit snerpend koud. Veral vroegoggend is die klubhuis benut deur diegene wat nie op die skietbaan moes wees nie en die koffie het groot aftrek gekry! Om tyd te bespaar het elke aflossing van 50 skuts op die 100 m-skietpunt aangetree en die inskiet van gewere is afgehandel. Daarna is die vlakteskietoefening in die omgekeerde volgorde afgehandel: Eers het die 100 m-skietoefening plaasgevind, gevolg deur die twee skietoefeninge op 200 m, en laastens die skietoefening op 300 m (vier oefeninge van drie skote elk – ’n totaal van 12 skote). Die volgende aflossing het dan aangetree vir hul inskietoefening en daarna die vlakteskietoefening in dieselfde volgorde. Ná voltooiing van die vlakteskietoefening deur al vier aflossings, is die bosveldskietoefening op tradisionele wyse geskiet deur met die 150 m-skietoefening af te skop, gevolg deur die 100 m-skietoefening en daarna die twee skietoefeninge op 50 m (vier skietoefeninge van drie skote elk – ’n totaal van 12 skote) wat die skietkompetisie van 24 skote voltooi het. Ondanks die weersomstandighede is baie goeie tellings behaal, maar daar was geen spanne wat vir die Nasionale Wildehondekleure gekwalifiseer het nie.

Baanoffisiere: Corne Swart van die Riemland-tak was die hoofbaanoffisier wat saam met sy span baanbeamptes die dag baie professioneel aangebied en alles seepglad laat verloop het. Corne, baie geluk en dankie aan jou en jou knap span wat die koue, winderige toestande getrotseer het om die kompetisie vir die skuts moontlik te maak. Ons is trots op julle!

Borgskap en prysuitdeling: Safari Outdoor het die dag geborg en was teenwoordig met ’n uitstalling, gazebo’s en baniere waarmee hulle die hele terrein versier het. SA Jagters dra graag hul hartlike dank oor aan Safari Outdoor vir hul besonderse ondersteuning van die skietkompetisie. Almal het dit geniet om weer ’n prysuitdeling by te woon ná die Covid-beperkings van die afgelope paar jaar.  

Baie dankie ook aan die Vrystaat Sandveld-tak wat weer eens as gasheertak op die dag geskitter het met hul gasvryheid en al die reëlings en hierdie kompetisie baie suksesvol aangebied het!

Baie geluk aan die Swartwildebeestespan van Edelvalk wat as wenners uit die stryd getree het, Pretoria-Oos se Swartwitpense in die tweede plek en Genl De la Rey se A-span in die derde plek. Dit is merkwaardig dat daar dames en juniors in al drie hierdie topspanne is.

Top-10-plekke

No

Span

Tak

1

Swartwildebeeste

Edelvalk

2

Swartwitpense

Pretoria-Oos

3

Genl De la Rey A

Genl De la Rey

4

Duiker Ramme

Duiker

5

Baviaanspoort Buffels

Baviaanspoort

6

Diamant Valke

Diamant

7

Diamant Blouklippies

Diamant

8

Riemland A

Riemland

9

Suikerbosrand Savanna

Savanna

10

Marico Bosveld Mambas             

Marico Bosveld

Wildehonde-toekenning: Die kwalifiserende standaard vir die Wildehonde is ’n minimum van 2 590 (90%) uit die totaal van 2 880 vir die span en ’n minimum van 1 225 (85%) uit die totaal van 1 440 vir elk van die skietoefeninge. Op streeksvlak het nege spanne gedurende 2021 vir die Wildehonde-toekenning gekwalifiseer, maar op nasionale vlak was daar geen kwalifiseerders nie.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!