Die Noordwes Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewing, Bewaring en Toerisme (DEDECT) het op 24 en 25 Oktober 2024 sleutelrolspelers in die wild- en biodiversiteitsbedryf betrek by ʼn inligtingsessie oor groei in die biodiversiteitsekonomie. Die nasionale en provinsiale regering, sowel as gemeenskappe, het jag geïdentifiseer as een van die belangrikste drywers van die biodiversiteitsekonomie. SA Jagters het die rol beklemtoon wat plaaslike Suid-Afrikaanse jagters speel om geleenthede te skep wat die landelike ekonomie sal bevoordeel en voedselsekerheid sal verbeter. Die bydrae wat hierdie sektor kan lewer in die transformasie en inklusiewe groei van die sektor, word onderskat. Strategieë is nodig om die sektor se potensiële impak te versterk, soos permit-/lisensiegelde vir jagspesies wat deur jagproklamasies gereguleer word. Die vereniging sal voortgaan om voorspraak te maak vir hierdie bedryf ter ondersteuning van die toekoms van verantwoordelike jag vir landsburgers.
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING