Lede van die wildbedryf word genooi om deel te neem aan ʼn opname oor wilde swartwitpense en bastergemsbokke op wildplase in Suid-Afrika. Hierdie inligting is nodig om die status van swartwitpense en bastergemsbokke te bepaal vir die nuwe rooidatalys vir soogdiere. Versprei gerus hierdie versoek met die onderstaande skakel aan enige wildboere in Suid-Afrika wat swartwitpense en bastergemsbokke op hul eiendom het. Die eenheid vir biodiversiteitsekonomie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) is verantwoordelik vir hierdie opname en sal die vraelyste ontleed om die status van beide spesies in die streek te bepaal.
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING