Die nasionale Safari Outdoor/SA Jagters Intertak Spanskietkampioenskappe is op Vrydag, 16 Augustus by die CMH Sport Shooters Retreat skietbaan gehou. Die Suikerbosrand-tak was die gasheer en Safari Outdoor het dit geborg. Die kampioenskap het goed afgeloop en uitstekende tellings is behaal. Die toestande was gunstig met relatief hoё temperatuur en ʼn ligte wind. Die Baviaanspoort Buffels het gewen met hul telling van 2600.48/2880. Dit was ook die enigste span wat gekwalifiseer het vir die nasionale Wildehonde-toekenning nadat hulle die minimum totale telling van 2590/2880 en minstens 1225/1440 per skietoefening behaal het. Baie geluk en baie dankie aan al die spanne wat deelgeneem het en tot die sukses van die byeenkoms bygedra het. Dankie aan die Suikerbosrand-tak wat as gasheer vir seepgladde reëlings gesorg het. Julle gasvryheid was besonders!
Safari Outdoor se borgskap van R50 000 is as geskenkbewyse aan die plekwenners oorhandig. Die ander pryse ter waarde van ongeveer R90 000 het teleskope, verkykers en afstandmeters (range finders) ingesluit wat Safari Outdoor vir die gelukkige trekkings geskenk het. Baie dankie aan Safari Outdoor vir die besondere 2024 borgskap en hul volgehoue ondersteuning vir hierdie skietkompetisie oor die afgelope paar jaar.
Top 10 Spanne
Place | Team | Total | Bosveld | Vlakte |
1 | Baviaanspoort Buffels | 2600.48 | 1360.32 | 1240.16 |
2 | Duiker Blouduikers | 2570.52 | 1280.27 | 1290.25 |
3 | Diamant Blouklippies | 2560.5 | 1290.23 | 1270.27 |
4 | Edelvalk Swartwildebeeste | 2540.48 | 1260.26 | 1280.22 |
5 | Centurion Waterbok | 2490.42 | 1310.27 | 1180.15 |
6 | Hartbees Tsessebe | 2480.45 | 1300.23 | 1180.22 |
7 | Marico Bosveld Mambas | 2470.48 | 1260.28 | 1210.2 |
8 | Pretoria-East Swartwitpense | 2430.43 | 1320.27 | 1110.16 |
9 | Baviaanspoort Olifante | 2420.38 | 1230.22 | 1190.16 |
10 | Witrenoster Miskruiers | 2410.39 | 1300.25 | 1110.14 |