SA Jagters Multidissiplinêre Sport (SAJMDS) is ’n skiet aktiwiteit wat daarop gemik is om elke skut die geleentheid te bied om kompeterend te skiet met die klem op praktiese alledaagse toerusting. Die einddoel is om die veilige hantering van wapens te bevorder en toerusting in lyn met huidige Suid Afrikaanse Wetgewing te gebruik. Verskillende divisies is geskep vir spesifieke toerusting ten einde die sport te egaliseer en skuts met soortgelyke bevoegdhede teen mekaar te laat kompeteer en sodoende word daar ook ‘n platform geskep waar daar sosiaal verkeer kan word met ander eendersdenkende skuts. As daar nie duidelikheid oor ‘n reël is nie, moet die nodige diskresie aan die dag gelê word om te bepaal of dit sal inpas by die beginsel van “alledaags in gebruik deur alle wetsgehoorsame Suid Afrikaanse skuts”.
Filename | Size |
---|---|
![]() | 1.14 MB |