• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Inyathi Park Nuus Oktober 2021

Ons Oktober-nuusbrief is weer eens bietjie, maar hierdie keer is dit doelbewus gedoen sodat ons verslag kan doen oor die pas afgelope Kongres wat op 6 November 2021 vir die eerste keer in die geskiedenis van SA Jagters virtueel aangebied is. Ons berig eers oor die Kongres, dan ander sake van belang vir lede.

Die Raad

Vyf van die poste in die Raad van SA Jagters was vakant en nuwe Raadslede is behoorlik by die Kongres op 6 November verkies. Baie geluk aan die volgende Raadslede. Baie dankie dat u bereid is om uself tot diens van SA Jagters te stel.

Basie Bergh is onbestrede verkies as President. Foto

André van Heerden is onbestrede verkies as Adjunkpresident. Foto

Kobus Maree is onbestrede verkies as VP Skietsake. Foto

Richard Sowry is onbestrede herkies as VP Bewaring

Danie Momberg is steeds die verkose VP Jagsake en sy termyn verstryk eers teen die einde van 2022.

In die pos vir VP Opleiding is geen nominasie ontvang nie en die Raad sal die pos in die volgende jaar kan vul by wyse van koöptering.

Sien `n foto van die Raadslede van SA Jagters en lede van die Erfenisraad (voormalige presidente) wat by die Kongres teenwoordig was hier.


Grondwet, Interne Reëls en Dissiplinêre Prosedure

Daar is by die Kongres wysigings aangebring aan die Grondwet, Interne Reëls en die Dissiplinêre Prosedure van SA Jagters. Sommige daarvan is kleiner administratiewe wysigings maar daar is ook belangriker veranderinge aangebring wat byvoorbeeld sal toelaat dat die Kongres van SA Jagters soms wel virtueel gehou mag word. Die dokumente is hier op die lede administrasie stelsel beskikbaar.


Toekennings

Tydens die Kongres is `n verminderde aantal toekennings gemaak aan sommige wenners van die nasionale skietkompetisies, wenners in die onderskeie trofee-kompetisies en `n klompie prestasietoekennings. Die volgende verdien spesiale vermelding.

Die Orde van die Berghaan, SA Jagters se hoogste toekenning vir bewaringswerk, is aan Namakwa-tak in Springbok toegeken vir die spesiale werk wat hulle doen om skaars en bedreigde vetplantjies in die Namakwa Karoo te bewaar. Gaan lees gerus die motivering hier wat verduidelik hoe belangrik die werk is wat die Tak daar doen. Foto

Dan is daar `n verdere Orde van die Berghaan toegeken aan Tuba en Retha van der Walt vir die baie interessante werk wat hulle in die Limpopovallei tussen Malaladrif en Potdrif doen oor die veldblomme, ligene en swamme wat natuurlik in die gebied voorkom. Hulle het onder ander nuwe onbekende swamme geïdentifiseer, en twee boeke hieroor het al verskyn. Gaan lees gerus die motivering vir die toekenning hier

Die laaste een van die Toekennings wat vermelding verdien is die Pour le Merit wat aan Tommy Liversage toegeken is vir sy hantering van SA Jagters se finansies. Sien die motivering hier wat sy eie storie vertel. Foto

Baie geluk aan die ontvangers van alle toekennings. Julle bydrae tot die sukses en erkenning van SA Jagters word opreg waardeer.


Bestuursverslag

Die Vereniging se aktiwiteite oor die afgelope twee jaar is saamgevat in die Bestuursverslag en is hier beskikbaar.

Indeling van die nuusbrief

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.


Nuwe boodskappe

  1. Handaflewering van Tydskrifte

Die sluiting van nog poskantore omdat hulle nie die huur kan bekostig nie, skep `n massiewe probleem met die aflewering van tydskrifte aan lede.

Ons versoek lede in die groter stedelike gebiede om hulle voorkeur vir aflewering van die tydskrifte (SA Jagter en Magnum) te verander na handaflewering. Die tydskrif word teen presies dieselfde koste vir die lid, per hand by u woonadres afgelewer (soos koerante dikwels afgelewer was). Verander u voorkeur van pos na tuisaflewering met een van die volgende maniere:

  • Skakel Michel Schoeman by (012) 8089300 of stuur `n e-pos aan michel@sahunt.co.za
  • Dui vernadering aan op u eie ledeprofiel op SA Jagters se webwerf of op die SA Jagters App.

Onthou om seker te maak u woonadres is korrek.

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub geniet buitengewone belangstelling en gaan van krag tot krag.

Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

  1. Webinaar aangebied deur Minister van Polisie

Die Minister van Polisie sou op 11 en 12 November `n webinaar aanbied oor die voorgestelde wysigingswetsontwerp oor die beheer van vuurwapens. Daar was egter `n groot groep belanghebbendes wat versoek het dat die webinaar uitgestel moet word omdat beurtkrag sou veroorsaak dat sekere groepe mense nie daaraan kan deelneem nie.

Daar was ook besware oor onsekerheid rondom genooides en omdat die sakelys nie voortydig  beskikbaar gestel is nie.

Die Minister het Woensdagmiddag deur die Sekretaris van Polisie se kantoor laat weet dat die webinaar gekanselleer is en by later geleentheid aangebied sal word.

Hierdie is nogal `n interessante verwikkeling wat vermoedelik spruit uit die geweldige reaksie wat van die publiek ontvang is ná die publikasie van die voorgestelde konsepwysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens.

Die laaste geleentheid waar `n Minister van Polisie in gesprek was met verteenwoordigers van vuurwapeneienaars, was in 2006 toe die Jagtersforum `n ooreenkoms kon sluit oor die gebruik van endossemente om lisensieaansoeke te ondersteun.

Die geleentheid om met die Minister self in gesprek te tree moet nie ongesiens verbygaan nie en SA Jagters sal verseker deel van hierdie gesprek wil bly.

  1. Jagsake

Die Gauteng Departement van Landbou en Landelike ontwikkeling asook die “Rural and Agrarian Reform” departement van die Oos-Kaap het beide vanjaar kennisgewings uitgestuur oor die verbod op slag/verwerking van wildvleis of karkasse by enige ander plek as by `n geregistreerde slagpale (abattoirs) wat vleis voorsien vir menslike en diere gebruik.

Hierdie kennisgewing verbied die slag van enige dier of die verwerking van “n karkas waarvan die vleis bedoel is vir verkoop vir menslike en dierlike gebruik op enige ander plek as “n geregistreerde slagpale (abattoir). Die “Meat Safety Act, No 40 van 2000 is egter nie nuwe wetgewing nie maar bloot nasionale wetgewing van 21 jaar gelede wat nou waarskynlik vir die eerste keer toegepas word.

Neem kennis van die feit dat wildvleis wat vir eie, kulturele en geloofsgebruik benut word, vrygestel is van die wetgewing, met die vereiste dat sulke vleis nie verkoop mag word nie. Jagters wat self hul wildvleis verwerk en benut is vrygestel van hierdie wetgewing.

Wees egter versigtig om u wildvleis deur “n slaghuis te laat verwerk aangesien die slaghuis aan die vereistes van die wetgewing moet voldoen.

Persone wat belangstel om die Vleisveiligheids- en Vleisondersoekerskursus te voltooi, kan met Boetie Kirchner (Bestuurder Jagsake ) by boetiek@sahunt.co.za in verbinding tree. Hierdie kursus word aanbeveel vir almal wat belangstel om wildsvleis kommersieel te verkoop aangesien dit `n belangrike skakel in die ketting is om aan die Vleisveiligheidswetgewing te voldoen.

`’n Kopie van die onderskeie skrywes van Gauteng en die Oos-Kaap sowel as van die wet self is hier en hier beskikbaar.

Herhalende boodskappe

  1. Spesiale aanbiedings

Doctari Messe

Die Doctari ivoormes-projek word binnekort beëindig. Daar is `n beperkte reeks messe gemaak met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Daar is slegs 31 van hierdie messe oor. Plaas asseblief u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 31 messe wil bekom vir Kersfees.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat maar slegs die een wat nie in leer gebind is nie. Dit kos R300 per boek. Dit is `n ideale Kersgeskenk vir daardie man of vrou wat `n toegewyde lid van SA Jagters is. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Bestellings:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

Buck-knipmesse

Daar is slegs 105 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

Uitverkoping SA Jagterswinkel

SA Jagters het besluit om sy klerevoorraad uit te dun en ons produkreeks te verander. Talle items is tans op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan René by (012) 808 9300 of rene@sahunt.co.za

Humansdorp Koöperasie

In November 2021 bied Humansdorp Koöperasie steeds die volgende produkte teen 10% korting aan lede van SA Jagters:

  • Beretta APX Centurion Pistole
  • ZeissTeleskope
  • Xerotech Teleskope
  • Schmidt und Bender Teleskope

Ondersteuning aan lede

Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.

  1. Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
  2. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal het nou weer verminder na 43 832 aangesien `n groep lede se lidmaatskap verval het en hulle nog nie weer hul ledegeld betaal het nie.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters bied ook aan dat elke Tak wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor sal per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur word.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Vorms is beskikbaar by Dorothy Ras by dorothy@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadlock Skietstok

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!