• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Inyathi Park Nuus November 2021

Hier teen die einde van November kry ons skielik `n nuwe variant van Covid-19. Omicron soos die gogga gedoop is, is in RSA identifiseer, maar wanneer ons kyk na die reaksie van die res van die wêreld, dan sal mens glo dat ons die gogga geskep het. Skielik is daar `n reisverbod op bykans die hele suider-Afrika, asof ons melaats geraak het.

  1. Reis na VSA

Ek het so pas die jongste reisverbod ontvang. Die VSA het besluit om vanaf 29 November 2021 enige besoekers uit die hele suider-Afrika te verbied as hulle nie VSA burgers of regeringsamptenare is nie. Kyk asseblief na die detail hier.

Hierdie inligting is baie belangrik vir beroepsjagters wat hulle jaggeleenthede vroeg in die nuwe jaar in die VSA by die groot jagskoue gaan bemark. Hou maar die situasie fyn dop. Ons weet u het reeds die plek op vliegtuie en by die skoue bespreek en betaal.

  1. Covid-19

Die Omicron variant van Covid-19 is uiters aansteeklik. Wees asseblief baie versigtig en pas uself mooi op. Dis nog te vroeg om te voorspel wat die uitwerking van hierdie weergawe van Covid sal wees.

Ons herinner Takke en lede wat aan SA Jagters se aktiwiteite deelneem om die voorgeskrewe protokol te volg. Dit is lankal reeds aan Takbesture verskaf maar vra gerus indien u dit benodig.

  1. IGRF Wêreldkampioenskap

Skuts wat aan die IGRF skietdissiplines deelneem, het `n week gelede die goeie nuus ontvang dat die IGRF se Wêreldkampioenskap in Mei 2022 te Phoenix in Engeland sal plaasvind. ` Paar dae later het die nuus oor Omicron gebreek en het Brittanje  onmiddellik sy grense vir besoekers uit Suid-Afrika gesluit en bykans alle vlugte kanselleer. Beplanning vir internasionale deelname is byna onmoontlik. Die tyd sal leer of SA Jagters se lede wel sal kan deelneem.

  1. Voorgestelde Wysiging Wet op die Beheer van Vuurwapens

Die parlementêre portefeuljekomitee op Polisie het die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens terug verwys na die Polisie. Dit is ook nie op die sakelys van die portefeuljekomitee nie. Dit bewys dat die publiek wel besluite oor wetgewing kan beïnvloed.

SA Jagters bedank al sy lede, ondersteuners en lede van die publiek wat kommentaar gelewer het oor die voorgestelde wysigingswet. Meer as 118 000 kommentare is ontvang. Dit bewys ook dat politici hulle wel aan negatiewe kommentaar steur.

  1. Rol van die Raad

By die Raadsvergadering op 25 November 2021 het die verkose raadslede besluit om elkeen die verantwoordelikheid te neem om bystand te verleen aan drie streke. Streekkoördineerders en Takvoorsitters in die onderskeie streke kan dus `n oproep of e-pos van `n raadslid te wagte wees.

Die verantwoordelikheid is soos volg verdeel:

André van Heerden                Wes-Kaap, Noord-Kaap, Suidoos-Kaap

Kobus Maree                          Vrystaat, KwaZulu Natal, Drakensberg Oos-Kaap

Basie Berg                              Vaalrivier, Stellaland, Kalahari Bosveld

Danie Momberg                      Gauteng-Suidoos, Gauteng-Suidwes, Gauteng-Noord

Richard Sowry                        Mpumalanga-Suid, Mpumalanga-Noord, Limpopo

  1. Handaflewering van Tydskrifte

Meer poskantore is gesluit omdat hulle nie die huur kan betaal nie. Dit skep `n ernstige met die aflewering van tydskrifte aan lede.

Ons versoek lede in die groter stedelike gebiede om hulle voorkeur vir aflewering van die tydskrifte (SA Jagter en Magnum) te verander na handaflewering. Die tydskrif word teen presies dieselfde koste vir die lid, per hand by u woonadres afgelewer (soos koerante dikwels afgelewer was). Verander u voorkeur van pos na tuisaflewering met een van die volgende maniere:

  • Skakel Michel Schoeman by (012) 8089300 of stuur `n e-pos aan michel@sahunt.co.za
  • Dui verandering aan op u eie ledeprofiel op SA Jagters se webwerf of op die SA Jagters App.

Onthou om seker te maak u woonadres is korrek.

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub geniet buitengewone belangstelling en gaan van krag tot krag.

Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

  1. Spesiale aanbiedings

Die volgende spesiale aanbiedings verskaf goeie idees vir Kersgeskenke.

Doctari Messe

Die Doctari ivoormes-projek word binnekort beëindig. `n Beperkte reeks messe is gemaak met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Daar is slegs 31 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 31 messe wil bekom voor Kersfees.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop. Dit is `n ideale Kersgeskenk vir `n toegewyde lid van SA Jagters. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Bestellings:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

Buck-knipmesse

Daar is slegs 105 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

Uitverkoping SA Jagterswinkel

SA Jagters het besluit om sy klerevoorraad uit te dun en ons produkreeks te verander. Talle items is tans op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan René by (012) 808 9300 of rene@sahunt.co.za

Humansdorp Koöperasie

In Desember 2021 bied Humansdorp Koöperasie steeds die volgende produkte teen 10% korting aan lede van SA Jagters:

  • Beretta APX Centurion Pistole
  • ZeissTeleskope
  • Xerotech Teleskope
  • Schmidt und Bender Teleskope

Ondersteuning aan lede

Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.

  1. Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
  2. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 44 079.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters bied ook aan dat elke Tak wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor sal per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur word.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Vorms is beskikbaar by Dorothy Ras by dorothy@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadlock Skietstok

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Hierdie is die laaste geleentheid in 2021 om elkeen van u `n welverdiende ruskans toe te wens. 2020 en 2021 sal onthou word as die moeilike en onseker jare waarin Covid-19 elkeen van ons se lewens beïnvloed het.

Aan diegene wat vriende en familie aan die dood afgestaan het, ons innige simpatie. Mag die Vader u berusting gee. Ons vergeet nie maklik nie, maar leer wel mettertyd om met die verlies van `n geliefde saam te leef.

Mag die vrede en vreugde van Kersfees vir elkeen van u en u geliefdes rustigheid bring. Mooi wense vir 2022.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!