• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Licence Helpline
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearm Licence FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Inyathi Park Nuus Januarie 2022

Hier is ons skielik aan die einde van Januarie 2022 met die eerste maand van die jaar op sy rug. Gelukkig was daar goeie reën en het Omikron toe nie so gevaarlik uitgedraai as wat voorspel is nie. Dit is sekerlik genoeg rede om dankbaar te wees ten spyte van plek-plek bietjie te veel water en/of sprinkane.

  1. Skietsake

Aan die begin van die jaar is skuts vuur en vlam om aan die gang te kom. Ons het reeds 59 jaggebaseerde streek skietbyeenkomste en 96 streek sportskietbyeenkomste in die skietkalender vir die jaar met nog `n paar wat later bygevoeg sal word. Heelparty van hierdie byeenkomste word op dieselfde dag aangebied in dieselfde streek en/of tak. Die skuts sal behoorlik “doppies maak”.

Kyk gerus na die skietkalender en beplan jou deelname vir die jaar. Vir die streek skietprogram vir 2022 en ander relevante inligting besoek SA Hunters – SA Jagters – SA Jagters: Streekskietkompetisies 2022. Skuts kan met die gasheertakke in verbinding vir meer inligting.

Baie dankie by voorbaat aan elke gasheertak vir die harde werk. Aan die skuts, geniet dit en lekker skiet. Dit sal voorwaar kophou kos om al die akkers in `n ry te hou met al hierdie skietgeleenthede.

SA Jagters Nasionale- en Streek skietkleure

Die kleure en ontwerpe vir ons eie nasionale en streekskleure is uiteindelik afgehandel en goedgekeur. Meer inligting is reeds aan skuts en Takke gestuur oor bestellings van streeks- en nasionale kleure aan diegene wat kwalifiseer. Geniet die erkenning wat u kry. Lees die brief hier.

Erkenning vir prestasie deur MDS skuts

Omdat multidissiplinêre sportskiet (MDS) nog `n ontwikkelende dissipline is, mag dit gebeur dat individuele lede by `n gegewe kompetisie in een of meer van die skietoefeninge goed presteer, maar is dit moeilik om die kriteria vir prestasie te bepaal. Om hierdie onsekerheid uit te klaar het Kobus Maree, VP Skietsake, `n inligtingstuk geskryf oor die kriteria vir die toeken van streeks- en nasionale kleure in MDS. Lees die reëls hier.

  1. Lisensies wat verval en die Wet op die Beheer van Vuurwapens

Ons het teen einde November 2021 reeds berig dat die parlementêre portefeuljekomitee op Polisie die voorgestelde wysiging aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens na die Polisie teruggestuur het. Dit bewys dat die publiek wel besluite oor wetgewing kan beïnvloed. Baie dankie vir u bydrae daartoe.

Ons ervaar daagliks dat lede (ook nie-lede) steeds toelaat dat hulle vuurwapenlisensies verval. Wanneer die lisensie klaar verval het, is dit te laat om enigiets daaraan te doen.

Ek doen weer `n beroep op lede om die detail van u vuurwapenlisensies op u persoonlike profiel op SA Jagters se lededatabasis in te vul. Niemand anders het toegang tot hierdie inligting nie. Die stelsel is saamgestel om lede vooraf (vanaf 6 maande voor die vervaldatum) te waarsku dat een van hulle lisensies verval sodat hulle betyds vir hernuwing kan aansoek doen.

Ek het gister twee lisensiekaartjies opgelaai vir lisensies wat hernu is. Die aansoeke vir hernuwing is in Oktober 2019 ingedien. Die hernuwing is op 6 Desember 2021 goedgekeur en die kaartjies was op 18 Januarie 2022 by my plaaslike DFO beskikbaar.

Lede kan verwag om so lank as 6 tot 12 maande en selfs langer te wag vir hernuwing van lisensies. Hernuwings word op provinsiale vlak gedoen en nie deur die SVR nie. Nuwe lisensie-aansoeke sal waarskynlik minstens 12 maande en selfs langer neem. Net só neem `n nuwe aansoek vir bevoegdheid en ook hernuwing van bevoegdheid deesdae `n jaar of langer. Die SVR is met minstens 140 000 lisensie-aansoeke agterstallig. Daarom neem dit so lank.

Soms is lede gelukkig om `n nuwe lisensie binne drie weke te ontvang. Ons weet dat die Polisie se vermoë om die vuurwapenlisensieproses te bestuur in duie stort, maar dit is waarmee ons te make het. Lede wat hulle hernuwingsaansoeke betyds indien, kan nie vervolg word wanneer die lisensie wel verval nie. Die ou lisensie bly dan geldig totdat die hernuwingsaansoek afgehandel is soos bepaal in Art 24 (4) van die Wet.

  1. HuntEx

Die goeie nuus is dat HuntEx vanjaar voortgaan. Die opheffing van sekere Covid-19-beperkings en die feit dat die Polisie verlede week die eerste skou by Gallagher Convention Centre goedgekeur het, is baie goeie nuus. Hou asseblief nou reeds die naweek van 22 tot 24 April 2022 beskikbaar. Ons sal lede inlig soos die beplanning vorder.

  1. Leesstof

Kyk deur Fred Mouton se Bril

Lede van SA Jagters is dikwels ywerige lesers, veral as dit jag- of skietstories is. Magnum het pas `n boek vrygestel wat `n hele reeks van Fred Mouton se skreeusnaakse sportprente oor jag- en skietverwante onderwerpe insluit. Kyk gerus uit daarvoor op tydskrifrakke waar Magnum te koop is. Dit bied `n interessante blik op baie van die onderwerpe waaroor ons dikwels praat, kwaad is of bly raak en veral lekker kan lag. Suid-Afrikaanse humor is uniek in die wêreld. Lees meer hier.

Lesersnavorsing SA Jagter

Die redaksie van SA Jagter het `n kort vraelys laat saamstel om lesers se opinie te toets. Voltooi asseblief hierdie vraelys sodat die redaksie kan weet wat lesers in die tydskrif wil sien, of nie wil sien nie. SA Jagters se lede maak `n groot deel uit van die tydskrif se lesers. Voltooi die vraelys hier. Dit neem net `n paar minute.

Een van die lesers wat die vraelys voltooi sal ook `n prys van twee messe (`n Muela en Buck) ter waarde van R2 000 wen. Hier is `n foto van die prys wat u dalk kan wen.

Grasse van die Limpopovallei

Tuba en Retha van der Walt het in 2021 SA Jagters se bewaringstoekenning ontvang vir die werk wat hulle in die Limpopovallei doen. Tuba en Retha het so pas `n nuwe en baie handige boek die lig laat sien oor die 50 bekendste grasspesies in die Limpopovallei wat die uitkenning van hierdie gras baie vergemaklik. Vir die wildboere en belangstellendes in die Noordelike Provinsie kan hierdie praktiese veldgids handig te pas kom. Plaas bestellings direk by Retha van der Walt by ludwigslust@xnets.co.za of per WhatsApp by 0792096233. Lede van SA Jagters kry R15 korting kry op die gewone prys van R165. Lees hier meer oor die boek.

  1. Handaflewering van tydskrifte

Ons ervaar toenemend probleme met die aflewering van die tydskrifte aangesien al hoe meer poskantore sluit. Ons versoek lede in die groter stedelike gebiede om hulle voorkeur vir aflewering van die tydskrifte (SA Jagter en Magnum) te verander na handaflewering. Die tydskrif word teen presies dieselfde koste vir die lid, per hand by u woonadres afgelewer. Verander u voorkeur van pos na tuisaflewering met een van die volgende maniere:

  • Skakel Michel Schoeman by (012) 8089300 of stuur `n e-pos aan michel@sahunt.co.za
  • Dui verandering aan op u eie ledeprofiel op SA Jagters se webwerf of op die SA Jagters App.
  • Maak seker dat u woonadres korrek is.
  1. Toegewyde Jagter- en Sportskutstatus

Gedurende die afgelope twee jaar te midde Covid-19-inperkings, het die Raad van SA Jagters besluit dat lede hulle toegewyde status sal behou. Dit lyk of vanjaar `n normale jaar sal wees, en daarom herinner ons lede vroegtydig om jag- en sportskietaktiwiteite op die databasis aan te teken sodat daar `n behoorlike rekord is van aktiwiteite.

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub van SA Jagters kook reeds weer vroeg in die nuwe jaar. Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

8. Rol van Raadslede

By die Raadsvergadering op 25 November 2021 het die verkose raadslede besluit om elkeen die verantwoordelikheid te aanvaar om drie streke by te staan. Streekkoördineerders en takvoorsitters in die onderskeie streke kan dus `n oproep of e-pos van `n raadslid te wagte wees.

Die verantwoordelikheid is soos volg verdeel:

André van Heerden                Wes-Kaap, Noord-Kaap, Suidoos-Kaap

Kobus Maree                          Vrystaat, KwaZulu Natal, Drakensberg Oos-Kaap

Basie Berg                              Vaalrivier, Stellaland, Kalahari Bosveld

Danie Momberg                      Gauteng-Suidoos, Gauteng-Suidwes, Gauteng-Noord

Richard Sowry                        Mpumalanga-Suid, Mpumalanga-Noord, Limpopo

Lede is welkom om met enigeen van die betrokke raadslede oor enige sake te skakel.Spesiale aanbiedings

Doctari-messe

Die Doctari ivoormes-projek word binnekort beëindig. `n Beperkte reeks messe is gemaak met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Daar is slegs 27 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 27 messe wil bekom.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop.

Bestellings:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

Buck-knipmesse

Daar is slegs 87 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

Humansdorp Koöperasie

In Februarie 2022 bied Humansdorp Koöperasie Schmidt und Bender teleskope teen 10% korting aan lede van SA Jagters.

Ondersteuning aan lede

Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.

  1. Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 44 347.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters bied ook aan dat elke Tak wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor sal per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur word.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Vorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.zaKommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadlock Skietstok

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!