• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Fotografienuus 23 Augustus 2022

Fotografienuus  23 Augustus 2022

Nuut in dié nuusbrief:

*Fotografie toekennings vir Junie en Julie
*Wenners van die foto-uitdaging #koud
*Nuwe foto-uitdaging #horings
*Mini foto-uitdaging #kampvuur

SA Jagters Amateur Fotografiekompetisie

April se kompetisie het 62 inskrywings opgelewer waarvan 34 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Edmund Hatting, Rachelle van Niekerk en Ronny Horstink.

Besigtig die Junie foto-album by Junie

In Mei het ons 66 inskrywings ontvang waarvan 24 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Ronny Horstink en Pieter Jordaan.

Besigtig die Julie foto-album by Julie

Lede wie se foto’s goud, silwer of brons verdien, se eerste goud-, silwer- en bronssertifikate sal binnekort op hulle lidprofiele gelaai. Lede sal ook via e-pos ʼn afsonderlike digitale spogsertifikaat vir elke foto wat ʼn toekenning ontvang. Lede kan via hulle tak, goud, silwer- of bronsbalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, bestel.

Die kategorieë vir die 2022 Amateur Fotokompetisie is soos volg:
1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos (alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
2)
Fauna en Flora slimfoon (alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
3)
Takaktiwiteite en Bewaring DSLR/spieëlloos/slimfoon (die doen en late op takvlak / bewaringsaksies of die teenoorgestelde van bewaring, soos besoedeling en strikke in die veld)
4)
Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon (die gebeure op die skietbaan en gedurende kompetisies. ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
5)
Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon (mense en diere in die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by bokspog@sahunter.org ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)

Die beskrywing van die temas en die bygewerkte reëls is hier beskikbaar.

BAIE BELANGRIK: Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:

  • Naam en van
  • SA Jagters-lidnommer
  • SA Jagters-tak
  • Selfoonnommer
  • E-posadres
  • Kategorie waarvoor jy inskryf
  • Plek waar die foto geneem is
  • Titel van die foto
  • Kamera- en lensmodel (lens inligting nie vir slimfone nie)

    (Wenk: knip en plak die 9-punt-lysie hierbo in jou e-pos vir elke inskrywing)
  • Foto’s moet 300dpi, groter as 2MB en verkieslik kleiner as 10MB wees.
  • Alle metadata moet sigbaar wees.
  • Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 geneem wees. Ons aanvaar geen volraamfoto’s nie.
  • Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.

SA Jagters Fotografieklub

Die Fotografieklub se aanlyn platform staan nou op 2211 lede. Die Fotografieklub se amptelike doen en late is vir eers net op die Facebook platform. Kliek hier om by die Facebook groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.

Die Fotografieklub se Facebook hoogtepunte verskyn op die SA Jagters webwerf onder Photo club hier.

Kliek hier vir die Fotografieklub se etiket en Facebook reëls.

  1. Foto-uitdaging

#koud – Junie/Julie:
Die Junie/Julie foto-uitdaging se tema was #koud en sowat 75 foto’s inskrywings is geplaas.
Die top 30 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.
Die wenner van die uitdaging is Rikus Fourie, met yskristalle op gras teen die son. Kliek hier om die wenfoto op Facebook te besigtig.

#horings – Augustus/September:
Die Augustus/September foto-uitdaging se tema is #horings. Van die kleinste tot die grootste diere in Afrika met horings.


Kliek hier vir die Facebook skakel. Kliek hier vir die SA Jagters webwerf skakel.

Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
1) foto’s van enige dier met horings wat in Afrika voorkom
2) een foto per plasing/inskrywing
3) geen beperking op die hoeveelheid plasings of inskrywings per lid nie
4) deelnemer moet ‘n lid van SA Jagters en/of van die SA Jagters Fotografieklub wees
5) die foto moet deur jouself wees
6) merk die foto #horings (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand)
7) inskrywings moet die volgende insluit:
     *opskrif/titel van jou foto
     *plek waar die foto geneem is
     *wanneer die foto geneem is
     *kamera- of slimfoonmodel
     *kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed), maar nie vir slimfone nie

SA Jagterslede wat nie ʼn Facebook-profiel het nie, maar ook aan die uitdaging wil deelneem, kan inskrywings stuur na sahuntphoto@gmail.com met #horings in die onderwerpslyn.

Aan die einde van September, dus is daar weer meer tyd vir hierdie uitdaging, kies die groep se admin die beste foto’s wat op die Facebook-groep se blad en in ‘n galery of die webblad sal verskyn. Lede kies die wenner. Die boekprys vir die wenner van die foto-uitdaging, geborg deur SA Jagters, sal in Oktober aangekondig word.

  1. Fotografieklub Bladomslag

Sowat elke tweede week kies die admin ʼn nuwe bladomslag vir die Fotografieklub se Facebook-blad. Lede is baie trots wanneer hulle foto’s gekies word vir die bladomslag. Dit hou die plasings van foto’s ook baie interessant.

Ons soek horisontale foto’s wat eenvoudig dog treffend is met genoeg spasie vir bewoording. Lede is welkom om hulle foto’s te deel en te merk #bladomslag of #coverpic.

Die nuutste bladomslag is die deur Christa Heymans geneem, kliek hier om die foto op Facebook te besigtig.

Van die vorige foto’s wat nog nie voorheen in die nuusbrief genoem was nie, is soos volg.

Kliek hier vir Boetie Kirchner se foto op Facebook.

Kliek hier vir Gerhan Archer se foto op Facebook.

Kliek hier vir die 2022 Bladomslag-album wat opgedateer is en hier vir die 2021 Bladomslag-album op die webwerf.

  1. Fotografieklub Mini foto-uitdaging

Dis nog steeds koud en wat is lekkerder as om gesellig om ʼn vuurtjie te sit en kuier. By die huis, in die bos of waar ook al, deel jou vuurtjie met ons. Daar is geen wenners nie, net ʼn geleentheid om foto’s te neem en gesellig te deel! Deel die foto’s op die Fotografieklub se blad en merk dit #kampvuur. Klier hier vir die Facebook skakel.

POPI wet op kommunikasie

SA Jagters lede kan hier hulle nuusbriefopsies bestuur om te verseker dat hulle die maandelikse fotografienuusbrief ontvang. Die nuusbrief sal nog net ʼn paar keer onder algemeen verskyn, maar sal mettertyd onder die nuuskategorie Photography uitgestuur word.

Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com of skakel gedurende kantoorure 082 553 4719.

Vriendelike groete

Marette Bennett

SAJWV-SAHGCA Fotografie administrasie en koördineerder

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!