Die regering het tussen 28 Augustus 2024 en 21 November 2024, 27 werksessies regoor Suid Afrika gehou waar die publiek en belangegroepe hulle insette gegee het oor die visie en doelwitte vir die bestuur van leeus, luiperds en jagluiperds in Suid Afrika.
SA Jagters se bewaringskantoor het die vereniging tydens hierdie konsultasieproses verteenwoordig. Die opsommings van insette by die werksessies is beskikbaar op ons webwerf hier. Ons bly betrokke by die proses en lede kan enige insette stuur aan die bewaringskantoor by lizanne@sahunt.co.za