• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Spesiale Nuusbrief: Sentrale Vuurwapenregister

Geagte kollega

Die Polisie en Sentrale Vuurwapenregister het onlangs hulle prestasie (dit moet dalk eerder wanprestasie wees) aan die Parlementêre Portefeuljekomitee op Polisie gerapporteer. Na aanleiding van hierdie gebeure het die Registrateur van Vuurwapens ʼn skrywe gerig aan geakkrediteerde verenigings waarin verduidelik word waarom hulle sogenaamde prestasie dalk nie na wense is nie.

Hierdie nuusbrief handel uitsluitlik oor hierdie onderwerp.

Sentrale Vuurwapenregister

Met die rapportering van die prestasie van die Polisie en die Sentrale Vuurwapenregister het die volgende na vore gekom.

  1. Bevoegdheid

Daar is ʼn agterstand van 188 296 aansoeke om bevoegdheid wat wag om beoordeel en afgehandel te word. In die brief van brig. Mabule verduidelik hy dat die SVR vir elke aansoek om bevoegdheid die aansoeker se kriminele rekord moet nagaan wat deur die kriminele rekordsentrum verskaf moet word.

  1. Lisensie-aansoeke

Daar is ʼn agterstand van 138 908 aansoeke vir lisensies. Hierdie is nuwe aansoeke, nie hernuwings nie (hernuwings word op provinsiale vlak gedoen, nie deur die SVR nie). In sy brief verduidelik brig. Mabule dat daar probleme ervaar word met onvolledige aansoeke wat van die onderskeie stasies ontvang word en dat die SVR dan nie die aansoek kan prosesseer nie. Daar is verder ʼn verduideliking dat daar ʼn verpligting is op die aansoeker om toe te sien dat die plaaslike aangewese vuurwapenoffisier (AVO) wel die aansoek in die stelsel insleutel.

Dit is absoluut verregaande om die onus te plaas op die aansoeker om toe te sien dat sy inligting op die stelsel aangeteken word, wanneer dit duidelik die plaaslike AVO se werk is. Dit is die beampte se werk waarvoor hy/sy ʼn salaris ontvang.

  1. Amnestie-vuurwapens

In die 2019-amnestie is 29 758 vuurwapens ingehandig waarvoor weer aansoeke gedoen is vir lisensies. Hiervan is 14 899 aansoeke afgehandel en nog 14 858 aansoeke is uitstaande. So terloops, dit is nou al meer as 2 jaar nadat hierdie aansoeke ingehandig is.

In die amnestie van 2020/2021 is 75 363 vuurwapens ingehandig waarvoor daar weer aansoeke gedoen is vir lisensies. In hierdie geval is slegs 4 241 aansoeke afgehandel en is 71 122 steeds uitstaande.

Oor hierdie prestasie verduidelik brig. Mabule in sy brief dat daar vir elkeen van die vuurwapens eers ʼn ballistiese verslag bekom moet word voordat die Polisie die kan afhandel.

  1. Druk van lisensiekaarte

Wat lisensiekaarte betref, verduidelik brig. Mabule dat die SVR ʼn ooreenkoms het met die Staatsdrukker om lisensies te druk en per koerier te laat aflewer by die betrokke provinsiale kantoor.

Hy sê verder dat daar in verskeie gevalle spesiale reëlings getref word om die vlak van diens te verbeter. Een voorbeeld hiervan is dat Gauteng se lisensiekaartjies by die SVR afgelewer sal word en vandaar na die onderskeie Polisiestasies versprei sal word.

SA Jagters se ervaring oor die vlak van diens gelewer deur die SVR en die Polisie wat handel met vuurwapenlisensies is in die algemeen naastenby soos volg:

  • Indien u enigsins in ʼn periode korter as 12 maande ʼn aansoek om bevoegdheid afgehandel kry is u buitengewoon gelukkig. Dit neem iewers tussen 12 en 18 maande om ʼn bevoegdheidsaansoek gefinaliseer te kry, soms selfs langer.
  • Indien u enigsins in ʼn periode korter as 12 maande ʼn aansoek vir ʼn nuwe lisensie afgehandel kry, is u weer eens bevoorreg. Dit neem klaarblyklik ongeveer 12 maande om ʼn aansoek vir ʼn nuwe lisensie te kry. Die voorwaarde is natuurlik dat u bevoegdheid geldig moet wees.
  • Indien u enigsins in ʼn periode korter as 6 tot 8 maande ʼn aansoek om hernuwing van ʼn lisensie afgehandel kry is u besonder gelukkig. Dit is maar die tyd wat dit neem om hierdie diens gelewer te kry. Die voorwaarde in hierdie geval is ook dat u bevoegdheid geldig moet wees.

Ons vind egter soms enkele gevalle waar ʼn aansoek in net drie tot vier weke afgehandel word. Dit wys dat dit moontlik is om teen so ʼn vlak diens te lewer as elkeen van die rolspelers net sy of haar werk doen.

ʼn Blinde hoender pik seker ook soms ʼn mieliepit raak.

Met inagneming van die gerapporteerde vlak van prestasie van die Polisie en die SVR in die hantering van lisensie-aansoeke en die bestuur van die Sentrale Vuurwapenregister behoort die Minister en die Bestuur van die Polisie lankal in die vuurlyn te wees.

Die briewe soos ontvang van brig. Mabule oor die redes waarom die SVR nie werklik verantwoordelik gehou kan word nie, watter ander afdelings in die Polisie ook betrokke is en welke spesiale reëlings daar getref word, is hieronder beskikbaar. Lees asseblief maar en oordeel vir uself.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

FilenameSize
An Adobe Acrobat file Annexure A453.48 KB
An Adobe Acrobat file Annexure B758.99 KB
An Adobe Acrobat file Processing of Firearms Applocations Letter149.64 KB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!