• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

SAJWV se standpunt ten opsigte van die gebruik van loodkernkoeëls en loodhael

Algemeen:

Die SAJWV neem kennis van die menige studies ter bewys van die minimale effek wat loodpartikel inname het op die loodbloedvlakke van menslike verbruikers, beide as gevolg van die chemiese samestelling en gevolglike biobeskikbaarheid van lood in soliede vorm vir opname in die mens se liggaam en as gevolg van die bedryf van gesonde praktyke by die verwerking van vleis afkomstig vanaf wild, wat gejag is.

Die SAJWV neem kennis van die studies gedoen oor die onnatuurlik hoë lood-bloed vlakke in sommige van die aasvoël spesies, asook die onvermoë van hierdie studies om bo redelike twyfel ‘n besliste bron van besmetting te kan identifiseer.

Die SAJWV neem kennis daarvan dat die gebruik van lood in die vervaardiging van koeëls en hael steeds die mees effektiewe, sowel as koste effektiewe materiaal beskikbaar is.

Die SAJWV neem kennis dat die gebruik van lood in die vervaardiging van sekere koeëls die enigste effektiewe materiaal beskikbaar is, soos byvoorbeeld .22 randslag ammunisie, voorlaaier koeëls, asook windgeweer koeëls.

Die SAJWV neem kennis dat die gebruik van premium, “bonded” loodkern koeëls, uit die aard van hul samestelling, tot gevolg sal hê dat daar ‘n afname is in die loodpartikels wat in die karkas versprei, en dus beskikbaar sal wees aan mens, roof- of aasdier.

Die SAJWV neem kennis dat daar vir ‘n groot groep historiese kalibers geen alternatiewe ammunisie beskikbaar is nie.

Die SAJWV sien dat die huidige produksie van alternatiewe ammunisie, waar geskikte alternatiewe beskikbaar is, nie aan die navraag kan voldoen nie. Hierdie onderaanbod kan ernstige omgewings- en ekonomiese impakte hê.

Die SAJWV versoek relevante organisasies en navorsingsinstansies om navorsing te inisieer om die omvang van loodneerslae en die voorkoms van ander skadelike swaar metale, afkomstig vanaf mynboubedrywighede, in vleilande te ondersoek, en om die vlakke van loodvergiftiging en ander swaar metaalvergiftiging by watervoëls te bepaal.

Die SAJWV versoek relevante organisasies en navorsingsinstansies om navorsing te inisieer om die ware oorsprong van die bonatuurlike loodbloedvlakke in aasvoëls, bo twyfel te identifiseer.

Verder waarsku die SAJWV dat die moontlike negatiewe impakte van alternatiewe eers duidelik nagevors moet word, voordat sulke alternatiewe as ‘n vervanging van lood aanvaar word.

Die SAJWV is van mening dat behoorlike navorsing in samewerking met jag- en skiet belangegroepe gedoen moet word voordat enige verder besluit oor beperking van lood in ammunisie geneem word. Hierdie navorsing moet die omgewings, ekonomiese en sosiale impak van enige sodanige beperkings ondersoek.

Die SAJWV verwerp enige beperkings wat ingestel word gebaseer op emosies of opinies wat nie gerugsteun is deur goed gefundeerde, gepubliseerde wetenskaplike studies nie.  Indien daar beperkings ingestel word, moet dit oordeelkundig en doelmatig wees, gerugsteun deur ‘n ? goeie openbare bewusmakingsveldtog en behoorlike wetstoepassing.

Standpunt ten opsigte van die gebruik van lood in konvensionele loodkern koeëls:

Die SAJWV ondersteun die verantwoordelike gebruik van loodkern koeëls wanneer gejag en geskiet word.
Sulke gedrag sal praktyke insluit wat sal verseker dat vleis en karkasse wat nie geskik is vir menslike gebruik, as gevolg van erge loodbesmetting, soos byvoorbeeld vleis vanuit die wondkanaal, so hanteer word dat dit nie beskikbaar sal kom aan aasdiere nie. Indien dit nie moontlik is om beskikbaarheid aan aasdiere te verhoed nie, beveel ons aan dat daar van huidige alternatiewe koeëls gebruik gemaak word.

Die SAJWV doen ‘n beroep op owerhede om aansporings daar te stel wat noemenswaardige voordele inhou vir jagters en skuts wat vrywillig gebruik wil maak van alternatiewe koeëls of ammunisie.

Standpunt ten opsigte van die gebruik van lood-hael vir die jag van voëls oor vleilande en ander waterliggame:

Die SAJWV ondersteun nie die gebruik van lood-hael waar die korrels in waterliggame (vleie, damme, panne, riviere en strome) kan val waar dit moontlik deur watervoëls, wat filtreervoeders is, opgetel kan word nie. SAJWV beveel aan dat daar in hierdie situasie eerder van alternatiewe ammunisie gebruik gemaak word of om skiet in hoë risiko gebiede te vermy.

Die SAJWV versoek invoerders van haelgeweer-ammunisie in SA om effektiewe alternatiewe haelgeweer-ammunisie vir die jag van watervoëls in vleilande in te voer.

Die SAJWV doen ? beroep op owerhede om aansporings daar te stel wat noemenswaardige voordele inhou vir jagters en skuts wat vrywillig alternatiewe haelgeweer-ammunisie in hoë risiko areas gebruik.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!