Die Beretta/SA Jagters Nasionale MDS-kampioenskap het van 16 tot 19 Oktober 2024 by die Sure Focus-skietbaan buite Meyerton plaasgevind. Baie dankie aan Suikerbosrand-, Marico Bosveld- en Frontier-tak wat hierdie kampioenskap aangebied het. Groot waardering ook aan die baanoffisiere en -beamptes, baanbouers en hul assistente en administratiewe personeel wat onder baie warm en winderige toestande verseker het dat die skuts net hulle beste kon lewer.
Die 129 skuts wat deelgeneem het se vermoëns is op twaalf bane met ʼn verskeidenheid uitdagings beproef. Op 16 en 17 Oktober het die baanoffisiere hulle skietvernuf getoets terwyl die res van die skuts op 18 en 19 Oktober kragte gemeet het vir die top posisies in elke afdeling.
Baie dankie aan Beretta, Jonsson Workwear, Outdoor & All en Nduna Hunting Gear wat dit vir ons moontlik gemaak het om hierdie byeenkoms aan te bied.
Skuts wat nie die skakel na die algehele foto album ontvang het nie, kan Marette kontak.
Oorhoofse uitslae hier
Wenners Topskut
Eerste plek: Martin Dreyer (middel)
Tweede plek: Henlo Buitendag (links)
Derde plek: Rudolf Snyman (regs)
65 jaar en ouer Super Veterane
Eerste plek: Dawie Joubert (middel)
Tweede plek: Anton le Roux (regs)
Derde plek: Koos Naude (links)
61 tot 65 jaar Veterane
Eerste plek: Sakkie van Wyk (middel)
Tweede plek: Ziggi Liebner (links)
Derde plek: Gert Dreyer (regs)
50 tot 60 jaar Seniors
Eerste plek: Robert Botha (middel)
Tweede plek: Ben Rheeder (links)
Derde plek: Renè Rupp (regs)
Opeklas
Eerste plek: Martin Dreyer (middel)
Tweede plek: Henlo Buitendag (links)
Derde plek: Rudolf Snyman (regs)
Dames
Eerste plek: Jane van Wyk (middel)
Tweede plek: Ancois Naude (links)
Derde plek: Yvette Aggenbach (regs)
Juniors O.18
Eerste plek: AJ Coetzee (regs)
Tweede plek: Ruan Roets (links)
Juniors O.16
Eerste plek: Chris van der Merwe (regs)
Tweede plek: Elandrè Richter (links)
Sportafdeling Uitstaande Skut
Eerste plek: Robert Botha (middel)
Tweede plek: Malan Joubert (regs)
Derde plek: Ryno Maas (links)
Sportafdeling Skerpskutter
Eerste plek: Ben Rheeder (middel)
Tweede plek: Carl Smit (links)
Derde plek: Rene Rupp (regs)
Sportafdeling Gewone Skut
Eerste plek: Johannes Basson (middel)
Tweede plek: Yvette Aggenbach (links)
Derde plek: Gerhard Olivier (regs)
Produksie-afdeling Uitstaande Skut
Eerste plek: Rudolf Snyman (links)
Tweede plek: Jan-dré Mitchell (regs)
Derde plek: Michel Ferreira (afwesig)
Produksie Divisie Skerpskutter
Eerste plek: Sarel Maré (middel)
Tweede plek: Juan Moore (links)
Derde plek: Nick Muller (regs)
Produksie-afdeling Gewone Skut
Eerste plek: Chris Christofi (middel)
Tweede plek: Chris van der Walt (links)
Derde plek: Heinrich Coetzee (regs)
Ope Opties Seniors
Eerste plek: Gerrit Hendrik Snyman (middel)
Tweede plek: Johnny van der Westhuizen (links)
Derde plek: Jose Monteiro (regs)
Ope Opties
Eerste plek: Dirk Brand (middel)
Tweede plek: Gerhard Niemann (links)
Derde plek: Nuno Martins (regs)
Algehele Ope Optiese Divisie
1ste plek. Henru O’ Connell
2de plek. Dirk Brand
3de plek. Gerrit Hendrik Snyman
Grootkaliber Skerpskutter
Eerste plek: Ben van der Merwe (middel)
Tweede plek: Jacques Husselman (regs)
Derde plek: Koos Naudé (links)
Kompakte wapen Gewone Skut
Eerste plek: Rupert Raubach (links)
Tweede plek: Corlien Randles (regs)
Derde plek: Elandré Ferreira (afwesig)
MDS-kampioenskap Baanoffisiere 2024
MDS-kampioenskap Baanopstellers en -assistente 2024
MDS-kampioenskap Administrasie 2024