• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Eerste Nasionale Haelgeweerskietkompetisie

Om 07:00 op Saterdag 17 Maart, hardloop ons saam met die baanbeamptes van Wattlespring Sportskietklub, naby Bapsfontein, deur die tien sportskietbane om te verseker dat die veranderde weersomstandighede nie die moeilikheidsgraad van die baan daadwerklik verander het nie. Toe kom die reën. Hoe meer skuts opdaag om te registreer, hoe harder reën dit: eendeweer en ‘n kleiduifskiet. Hoe gepas. Teen 09:00 maak ons die gevolgtrekking dat die paar skuts wat nog nie opgedaag het nie, eerder besluit het om tuis te bly. Ons skop die dag se verrigtinge af met ‘n verwelkoming, ‘n kort inligtingsessie van die baanuitleg en verloop van die skiet, en ‘n veiligheidspraatjie.

Gelukkig het die reën effens bedaar en toe die eerste skote om 09:20 klap, was daar slegs ‘n fyn misreëntjie. Teen die tyd wat die skuts by hul vierde baan was, het dit heeltemal opgeklaar. Omstandighede was uitdagend, maar die skuts het hulself geniet. Die tellings het egter die uitdaging reflekteer. Die klub se personeel verdien ‘n pluimpie, want selfs al was daar so hier en daar ‘n tegniese probleem as gevolg van die harde reën en elektroniese toerusting wat wou moeilik wees, is hierdie uitdagings gou die hoof gebied en het die oggend se skiet vlot verloop.

Die laaste telkaarte is teen 12:20 ingehandig en teen ongeveer 12:30 is die tellings opgesit om aan almal die kans te bied om te bevestig dat hulle daarmee saamstem. Skuts is 15 minute gegee hiervoor en teen 13:00 kon ons die prysuitdeling begin.

Ons is baie dankbaar vir die goedhartige borgskappe wat ons gekry het. Baie dankie aan al die borge.

  • Inyathi Sporting Supplies het ses kaste Fiocchi Official 12 Boor 24g ammunisie en ‘n R5000 afslagkoepon op die verkoopsprys van enige Franchi haelgeweer geskenk. Inyathi Sporting Supplies is die invoerders en agente van onder andere Fiocchi ammunisie, Browning en Franchi haelgewere, Bore Tech skoonmaak bykomstighede, Schaftol houtolie en Ballistol geweerolie. Hulle het ook die 2017 haelgeweer streekskietbyeenkomste met Fiocchi haelgeweerammunisie geborg.
  • CENS Suid-Afrika het vyf stelle pasgemaakte, passiewe oorbeskerming geborg. Gelukkige wenners kan in die toekoms self besluit om die elektronika by te koop om dit in volledige elektroniese gehoorbeskerming te omskep.
  • Wattlespring Sportskietklub het 10 rondes van 25 kleie geborg asook ‘n wegbreeknaweek vir twee by Al Thandiwe Safaris, wat ‘n filiaal van hulle is.

Voor ons by die uitslae kom, dink ek dit is gepas om vir Dieter Labuschagne, die voorsitter van Pretoria-Oos-tak en Andy Sutton, hul haelgeweerkoördineerder, geluk te wens met die suksesvolle aanbieding van die eerste SAJWV Nasionale Haelgeweerskiet. Ons vra hulle om ons dank oor te dra aan Wesley, Sam, Claude en hul onderskeie spanne by Wattlespring. Die standaard was hoog en is die maatstaf waaraan alle toekomstige nasionale haelgeweer skietbyeenkomste gemeet sal word.

Barry du Toit van Cheetah-tak is gekroon as die 2018 Nasionale Haelgeweerskietkampioen met ‘n telling van 44. Pieter Rheeder was tweede en Barries Barnard derde. Beide het op ‘n 43 geëindig.


Van links na regs Pieter Rheeder(2de), Barry du Toit (kampioen) en Barries Barnard (3de)

Die Juniorklas is gewen deur Herman Labuschagne met ‘n 35; die Damesklas deur Sanet van Jaarsveld met ‘n 27, die Veterane-klas deur Johan du Toit met ‘n 40 en die Super-veterane klas deur Robbie Crawford-Brunt met ‘n 38. Die volle resultate is beskikbaar op die ledeadministrasiestelsel onder nasionale skietresultate.

Soos ‘n mens sou verwag by ‘n nasionale kompetisie, was die wentellings baie naby aan mekaar en was dit nodig om uit te tel om die wenner onder die Super-veterane te bepaal. Beide Robbie Crawford-Brunt en Charl Naudé het op ‘n telling van 38 geëindig. ‘n Uittelling was ook nodig om die tweede en derde plekke in die opeklas te bepaal met Pieter Rheeder en Barries Barnard wat op 43 geëindig het. Die metode wat ons gebruik om uit te tel, is om by die laaste klei van die baan te begin en dan terug te tel. Die persoon wat die langste aangegaan het voordat hulle ‘n klei gemis het, is die wenner. Dit staan bekend as terugtelling of “countback”.

Ons glo dat die deelname aan die haelgeweer streekskietbyeenkomste gedurende 2018 sal aanhou groei. Dit gee ons groot plesier om aan te kondig dat daar reeds drie nuwe streekskietbyeenkomste beplan word vir die 2018 haelgeweerskietkalender. Kwagga- en Cheetah-tak se datums is reeds vas en die datum vir Hartbees-tak se skiet sal eersdaags bygesit word.

Laastens, hartlike dankie aan al die skuts wat deelgeneem het aan al die haelgeweeraktiwiteite van die Vereniging. Sonder u deelname sou ons nie die nasionale skiet kon regverdig nie. Met u volgehoue deelname sal ons aanhou om nuwe hoogtes te bereik.

Lood in die lug!

Johann van de Giessen
Bestuurder: Jagsake

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!