• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

SA Jagters President se Kersboodskap: Desember 2020

Só kom ons aan die einde van nog `n jaar, `n vreeslike deurmekaar jaar wat ons laat twyfel het oor die hede en die toekoms. Baie van ons moes oor die afgelope jaar herbesin oor die toekoms, nie net wat ons werksomstandighede betref nie, nie maar ook ons persoonlike lewens. Sommige van ons het afleggings in die gesig gestaar en ons werk verloor. Behalwe vir die eerste drie maande van die jaar, kon SA Jagters geen amptelike aktiwiteite vir sy lede aanbied nie.

Die onsekerheid duur egter voort en knaag aan ons soos onsigbare kanker. Watter inperkings kan ons in die komende jaar verwag? Sal die skole en tersiêre instellings weer 100% funksioneer? Is nog afleggings moontlik? Sal SA Jagters se aktiwiteite weer deur inperkings geraak word? Die lysie van onsekerhede word net langer.

Dien dit enigsins `n doel om onsself so te verknies oor dinge waaroor ons in elk geval geen beheer het nie? Definitief nie! Dit laat my dink aan die psalmdigter se woorde in Psalm 37:3 ”Woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Voorts staan daar in 1 Petrus 5:7 die volgende geskrywe: “Werp al jul bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”.

Ongeag wat tans in ons gemoedere aangaan en die emosies wat dit ontketen, kom ons fokus in die komende jaar daarop om ons bekommernisse vir Jesus te gee, Hy sal dit vir ons hanteer! Kom ons vat God se beloftes en maak dit ons eie, kom ons sien die positiewe in `n tans chaotiese tydperk, kom ons wees verdraagsaam teenoor mekaar en kom ons glo en vertrou weer soos onskuldige kinders want daar staan immers in Heb. 11:1 geskrywe “Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie”.

Ek wil `n oomblik stilstaan by die afgelope jaar en elke rolspeler bedank wat te midde van die vreemde omstandighede `n positiewe bydrae gemaak het, nie net op takvlak nie maar regdeur tot op bestuursvlak.

Was daar enige ligpunte oor die afgelope jaar? Definitief! SA Jagters was eerstens baie bevoorreg om, danksy ons finansiële afdeling, in `n gesonde finansiële posisie te wees ondanks `n jaar waarin geen aktiwiteite plaasgevind het nie. Voorts het ons ledetal gegroei en nie gedaal soos wat `n mens onder hierdie vreemde omstandighede sou verwag het nie. Laastens glo ek dat elkeen van ons tydens die inperking kwaliteittyd met ons gesinne deurgebring het wat ons verplig het om introspeksie te doen. Mag ons in 2021 voortbou op die ligpunte wat wel in 2020 aanwesig was.

Ek sluit af met `n wyse filosoof se woorde: “Ons is nie `n gevangene van die verlede nie, maar `n argitek van ons toekoms”.

Ek hoop dat elke lid `n vreugdevolle Kersfees saam met hul geliefdes sal ervaar. Mag elkeen van julle se vuurtjies hoog in brand 2021, ongeag al die onsekerhede.

Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2021.

Carl Arnold

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!