Die nasionale Eksekuteurs vir Boedels en Testamente/SA Jagters President Skietkampioenskap is op Saterdag, 17 Augustus 2024 by die CMH Sport Shooters Retreat skietbaan gehou. Suikerbosrand-tak was die gasheer en Eksekuteurs vir Boedels en Testamente het die byeenkoms geborg. Die weerstoestande was gunstig met relatief hoё temperatuur en ʼn ligte wind.
Die kompetisie het baie goed afgeloop en skuts het uitstekende tellings geskiet soos gesien kan word uit die eerste vier plekke wat almal 720/720 behaal het en die plekke slegs deur v-kolle en lynskote onderskei is. Sestig skuts het vir die nasionale Platinum-toekenning gekwalifiseer. Die minimumvereistes vir hierdie toekenning is 610/720 op die totale telling en 290/360 per skietoefening.
Eksekuteurs vir Boedels en Testamente se borgskap van R55 000 is as geskenkbewyse aan die plekwenners oorhandig vir aankope by die SA Jagters-winkel. ‘n Deel van die borgskap is ook in die vorm van ‘n gelukstrekking uitgedeel. Baie dankie aan Eksekuteurs vir Boedels en Testamente vir die 2024 borgskap.
Die wenners in die verskillende klasse is:
- Ope klas: WF Strydom van Witrenoster-tak
- Juniors: Ashley Uys van Platorand-tak
- Vroue: Carla Lues van Edelvalk-tak
- Seniors: Alewyn Conradie van Marico Bosveld-tak
Top 10 resultate
Plek | Naam | Tak | Totaal | Bosveld | Vlakte |
1 | WF Strydom | Witrenoster | 720.17 | 360.06 | 360.11 |
2 | Ruan Mostert | Mpungini | 720.17 | 360.09 | 360.08 |
3 | Herman Steyn | Diamant | 720.15 | 360.06 | 360.09 |
4 | Jaco Booysen | Edelvalk | 720.13 | 360.05 | 360.08 |
5 | Charles Krugel | Duiker | 710.18 | 350.08 | 360.1 |
6 | Gert Strydom | Sterland | 700.19 | 360.11 | 340.08 |
7 | Alewyn Conradie | Marico Bosveld | 700.18 | 350.08 | 350.1 |
8 | Stoffel Bester | Edelvalk | 700.15 | 350.08 | 350.07 |
9 | Johannes Joubert | Vaalharts | 690.15 | 340.08 | 350.07 |
10 | Brent Collie | Riemland | 690.13 | 330.07 | 360.06 |
Top 20 resultate
Plek | Naam | Tak | Totaal | Bosveld | Vlakte |
11 | Gerhan Archer | Tuinroete | 690.13 | 360.09 | 330.04 |
12 | Gawie Hattingh | Centurion | 680.12 | 330.04 | 350.08 |
13 | Hercules Louw | Pretoria East | 680.11 | 340.06 | 340.05 |
14 | Carla Lues | Edelvalk | 670.16 | 320.08 | 350.08 |
15 | Rainier Hugo | Marico Bosveld | 670.14 | 330.09 | 340.05 |
16 | JS Janse van Rensburg | Olifants | 670.12 | 320.04 | 350.08 |
17 | Vian van der Merwe | Baviaanspoort | 670.09 | 340.04 | 330.05 |
18 | Willie Cloete | Baviaanspoort | 670.07 | 340.05 | 330.02 |
19 | Jan Taljaard | Baviaanspoort | 660.14 | 320.07 | 340.07 |
20 | Petrus Botha | Duiker | 660.13 | 310.06 | 350.07 |