• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Lidmaatskap

Waarom ‘n lid van SAJWV?  
 
SAJWV, beter bekend as SA Jagters, is in 1949 gevestig. Dit maak die vereniging die oudste jag en wildbewarings vereniging in Suid Afrika, wat na die gemene belange van die natuurbewaarder, jagter, sportskut en vuurwapeneienaar  omsien.
 

SA Jagters is by die SAPD geakkrediteer as ‘n jag- en sport-skiet vereniging en is sodoende by magte om toegewyde jagter status, toegewyde sportskut status en nou ook professionele jagter status uit te reik en te administreer.
 
Met 82 takke landwyd en meer as 44 000 lede (Februarie 2022), geniet SA Jagters nasionale verteenwoordiging en het dit die grootste voetspoor van al die jag en wildbewarings verenigings in Suid Afrika.
 
Ten spyte van die laaste negatiewe uitspraak in die Konstitusionele Hof, bly SA Jagters tot op datum die enigste vereniging wat oor die afgelope 13 jaar ‘n suksesvolle saak teen die SAPD in die Hoogeregshof kon voer om die reg van burgers om vuurwapens te besit, te beskerm.
 
SA Jagters neem die leiding in verskeie areas binne die wildsektor, insluitend die bevordering van verantwoordelike en etiese jag.
 
Die vereniging se hoofkantoor is in Pretoria te Inyahti Park gelee -ook die tuiste vir die grootste versameling van Suid Afrikaanse en internasionale wilds-trofees. Ons ervare en gekwalifiseerde vriendelike personeel is altyd gewillig om ondersteuning aan lede te verleen.

Wat doen SAJWV vir sy lede?

  • Om wild en natuurbewaring aan te moedig en te bevorder en daardeur jag en bewaring as onderling afhanklike en onafskeidbare begrippe te vestig;
  • Om met die owerhede te skakel en saam te werk tot voordeel van billike en toepaslike wetgewing ten opsigte van wild-bestuur en -bewaring, jag en vleisverwerking, sowel as die besit en gebruik van vuurwapens deur jagters en sportskuts;
  • Om jag en skietgeleenthede te bevorder en te organiseer en lede se belangstelling in jag en skiet te ontwikkel;
  • Om die beeld van die jagter en sportskut onder alle belanghebbendes te bevorder;
  • Om met relevante plaaslike en internasionale verenigings en organisasies te skakel ten einde die doelstellings van die SAJWV na te kom en lede se belange te bevorder;
  • Om ‘n omgewing te skep wat aan lede die geleentheid bied om sosiale aktiwiteite wat verband hou met jag, sportskiet en bewaring te beoefen;
  • Om uitstekende diens aan lede te lewer;

Voordele direk aan die lid

  • 8 Eksemplare van die SA Jagter en/of ManMagnum tydskrifte per jaar
  • R20 miljoen publieke aanspreeklikheidsdekking vir skiet en jagverwante voorvalle;
  • Afslag op toegangsfooi by HuntEx, die jaarliks expo vir jagters deur jagters
  • Afslag op aankope vir ‘n aantal produkte by geidentifiseerde verskaffers. Vir die volledige lys klik hier.
  • MyBonus/AgriBonus lidmaatskape en voordele
  • Maklike aanlyn toegang vir lede om hul SAJWV profiel te bestuur (skietpunte, balkies, aktiwiteite-logboek ens.) via die web of ons Android/Appleka toep.
  • Ondersteuning met jag lisensies/permitte en vleis vervoer/invoer permitte.
  • Ondersteuning met vuurwapen lisensie sake
  • Endossemente vir vuurwapen lisensie aansoeke word binne 24 uur uitgereik
  • Toegewyde status word binne 48 uur uitgereik na ontvangs van ‘n volledige aansoek met ondersteunende dokumentasie
  • Alle takke bied toegewyde jagter en -sportskut opleiding aan lede ten einde toegewyde status te bekom, wat ‘n vereiste is in terme van die Vuurwapenbeheer Wet vir enige iemand wie meer as vier vuurwapens wil besit.
  • Opleiding vir Baanoffisiere en Trofeemeters
  • Maandelike sosiale byeenkomste op takvlak, sowel as sosiale aktiwiteite vir ons jeug
Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!