• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Inyathipark Nuus Junie 2020

By die voorbereiding vir hierdie nuusbrief is ons by dag 91 van ons eensame inperking oftewel die “lockdown” soos dit algemeen bekend geraak het. Hierdie was aanvanklik `n vreemde ervaring maar het baie vinnig verander na `n ernstige ingryping in bykans elke mens in RSA se lewe. Teen dié tyd is die meeste van ons behoorlik keelvol vir die situasie maar ons bly gehoorsaam, soos goeie landburgers.

Ek het vir `n paar dae in die bos gaan wegkruip van al die vreemde gebeure. Ek het gelukkig so stukkie grond met wild waar ek ook `n “boer” is met vrystelling van die inperking en na my diere en werknemers kon omsien.

Skielik sien `n mens die wêreld waarin ons leef vanuit `n heel ander hoek. Hier in die bos met min mense is Covid-19 iets wat ver weg in die stede gebeur en waarvan ons nie weet nie, en ook eintlik nie wil weet nie. Tog moet ons buitengewoon versigtig wees want ook hier kan die siekte tussen ons rondsluip.

Daar is soveel spesiale nuusbriewe in Mei uitgestuur dat ek u nie wou verveel met net nog `n gewone nuusbrief nie, daarom is hierdie een die Junie nuusbrief.

  1. SA Jagters en Koronavirus (COVID-19) – Ons mag jag, maar met beperkings

Met die afgradering na vlak 3 van die inperking en die regulasies soos gepubliseer op 5 Junie 2020, is verbruiksjag toelaatbaar. Dit gee wildboere die geleentheid om dierebevolkings te bestuur deur middel van jag. Jag is nou `n goedgekeurde gereguleerde aktiwiteit as deel van boerdery.

Om die bogenoemde reg te kry, het `n groot klomp werk van al die rolspelers in die wild- en jaggemeenskap geverg. Ongelukkig het mense hierdie geleentheid misbruik om met gesinne te gaan jag en dit in `n ontspanningsaktiwiteit verander wat die Polisie by padblokkades die harnas in gejaag het.

Die inperking geld steeds en net jagters met permitte om oor munisipale, streek- en provinsiale grense te reis en `n permitte het om vleis te vervoer, mag gaan jag. Slegs die jagter mag op die jagplaas bly. Ander beperkings wat geld, is hoogstens twee persone per kamer, die dra van maskers, higiëne- en gesondheidsmaatreëls wat op die inperking van toepassing is.

Al wil u graag die kinders saamneem en geleentheid gee om te jag, is dit nie tans moontlik nie. Moenie risiko’s neem wat daartoe kan lei dat hierdie toegewing omgekeer word nie.

Reis veilig, geniet die geleentheid om te kan jag en tree verantwoordelik op met die nodige permitte en lisensies soos vereis word.

  1. Skietsake

Al ons nasionale skietkompetisies vir die jaar is gekanselleer. Ons mag dalk die nasionale haelgeweerskietkompetisie kan aanbied omdat lede verlede jaar reeds kwalifiseer het maar ons sal mettertyd uitvind of ons wel so `n groot geleentheid sal kan aanbied. Vir eers is byeenkomste van hoogstens 50 mense toegelaat.

Ons het `n hele paar lede wat baie ongeduldig raak omdat hulle nie skietbane kan gebruik nie. Skietbane is slegs oop vir werksverwante skietgeleenthede soos byvoorbeeld die gewapende magte en sekuriteitsdienste wat opleiding en kwalifiserende skiete mag doen. Vir sportskiet is skietbane nog gesluit en ons sou bloot onnodige risiko neem om nou reeds te wil begin skiet.

Die President het reeds aangedui dat nie-kontak sportsoorte (soos skiet) binnekort oopgestel mag word onderhewig aan die nodige veiligheidsprotokol. André van Heerden en sy span het reeds die nodige voorlegging by die departement van sport en ontspanning ingedien. Sodra ons wettig op skietbane mag begin skiet sal ons lede in kennis stel. Wees geduldig en moenie risiko’s neem nie.

Ons is bewus daarvan dat ander verenigings verkondig dat ons mag skiet en dat skietbane oop is maar wees versigtig. Die regulasies wat afgekondig is, is van toepassing op professionele nie-kontak sport. SA Jagters se skietaktiwiteite is nie `n beroepsport nie. Die regulasies maak wel voorsiening vir sportskiet waarvoor ons reeds aansoek gedoen het. Lees die regulasies hier.

  1. Vuurwapenamnestie en Hernuwing van Vuurwapenlisensies

Die Minister van Polisie het toe inderdaad die Parlement genader met `n versoek om die amnestie te verleng maar dit is te laat gedoen en die versoek is gewysig na `n nuwe amnestie met dieselfde voorwaardes. Die Portefeuljekomitee het reeds die versoek aanbeveel na die Nasionale Raad van Provinsies en die Algemene Vergadering in die Parlement.

Ons verwag `n afkondiging iewers in Julie (dalk is dit weer laat en ons kry dit in Augustus) dat `n volgende amnestietydperk vanaf 1 Augustus 2020 tot 31 Januarie 2021 kan geld. Die voorwaardes van die amnestie sal waarskynlik presies dieselfde wees as die pas afgelope amnestie.

Lede sal dus binnekort die geleentheid kry om vuurwapens onder die amnestie in te handig.

Onthou intussen om betyds aansoek te doen vir die hernuwing van u lisensies en bevoegdheid.

  1. Ledegeld

Die Raad het reeds die besluit geneem om nie ledegeld vir die volgende jaar te verhoog nie.

Om dit vir lede makliker te maak het ons die stelsel gewysig sodat `n lid sy/haar ledegeld in 4 paaiemente kan betaal. Met elke betaling sal die lidmaatskap outomaties met drie maande verleng.

Lede kan steeds kies om geen tydskrif, een tydskrif of twee tydskrifte te ontvang met hernuwing van u lidmaatskap. Lede betaal ook net 50% van die tydskrifte se rakprys afsonderlik van u ledegeld.

  1. Behoud van Toegewyde Status

Aangesien lede weens die Covid-19 inperking vir `n baie groot deel van die jaar nie aan enige aktiwiteite kon deelneem nie het die Raad besluit dat ons die toegewyde status van alle lede vir 2020 sal hou soos dit is. Waar moontlik, registreer wel aktiwiteite maar ons sal nie u Toegewyde Status vir 2020 kanselleer nie.

  1. Opleiding vir Toegewyde Sportskutstatus

Die Raad het die beginselbesluit geneem dat SA Jagters se opleiding vir Toegewyde Sportskutstatus elektronies kan voortgaan. Ons hoop om teen September gereed te wees hiervoor. Dit beteken dat `n lid elektronies by SA Jagters kan aansluit en die opleiding en `n veelvuldige keuse vraestel vir Toegewyde Sportskutstatus aanlyn kan voltooi. Ons werk nog aan die detail om hierdie beginsels te implementeer.

Daar is steeds `n groot behoefte aan opleiding vir Toegewyde Sportskutstatus. SA Jagters werk nog aan die nodige opleidingsprotokol vir opleiding soos wat die Takke aanbied. Sommige takke bied reeds opleiding deur middel van Zoom en ons voorsien dat takke binnekort weer opleiding in die klaskamer sal mag doen binne die beperkings van `n maksimum van 50 mense per klas en alle Covid-19 veiligheidsmaatreëls (veilige afstand, sanitering, dra van maskers).

Lede sal eersdaags ook die teoretiese opleiding vir baanoffisiere aanlyn kan doen. Die ontwikkeling gaan hand aan hand met die sportskutopleiding. Die praktiese deel van die opleiding sal begin sodra skietbane weer kan open.

  1. Jagsake

Jaggeleentheid geborg deur Archers Rock Safaris

Archers Rock Safari’s borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat `n gelukkige lid met `n R50 kaartjie kan wen. Die jagpakket wat vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan beskikbaar is, is soos volg:

Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.

Aangesien ons nie die jaggeleentheid nou kan benut nie het Archers Rock Safari’s ingestem om hierdie geleentheid uit te stel na volgende jaar. Diegene wat reeds `n kaartjie gekoop het, sal nie die kans verbeur nie. Vir die res, is hier nou weer `n geleentheid om deel te neem. Lees meer hier oor Archers Rock Safari’s se jaggeleentheid.

Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:

  1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
  2. Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.

Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za.

Hierdie jaggeleentheid sal tussen Junie en Augustus 2021 kan plaasvind.

Noordwes Jagregulasies

Noordwes het nog nie jagregulasies vir 2020 afgekondig nie. Die verantwoordelike LUR het op 24 Junie aangekondig dat die provinsie se jagproklamasie soos gepubliseer op 23 April 2019 in die Staatskoerant nr. 8001 vir die res van 2020 geld.

Dit is veral op toepassing van jagters wat op plase wil jag wat nie beskik oor `n vrystellingsertifikaat (Sertifikaat van Voldoende Omheining) nie en wat gekoppel is aan die jagseisoen wat op 31 Julie eindig. Die seisoen gaan nie verleng word nie.

In Noordwes mag jy wel op `n vrygestelde plaas gaan jag sonder `n lisensie vir spesies gelys op vrystellingsertifikaat. `n Vervoerpermit is nodig vir wildevarkvleis (Bosvark en Vlakvark). Grondeienaars wat op SA Jagters se aanlyn varkpermitstelsel geregistreer is of die plaaslike Staatsveearts mag dit uitreik. Veerwild vereis `n jaglisensie in die oop seisoen op alle plase, Kransduif val onder gewone wild en benodig `n jaglisensie.

Jaglisensies is slegs aanlyn beskikbaar by: https://nw.nipas.co.za

Die volgende persone by die Noordwes  se departement van Omgewingsake het meer besonderhede:

Constant Hoogkamer                         014 592 7378              choogkamer@nwpg.gov.za

Sindi Zwane                            071 596 9205              SZwane@nwpg.gov.za

Estelle Weideman                   082 332 0858              ehorn@nwpg.gov.za

Me Swart                                082 347 8991           swartE@nwpg.gov.za

  1. Ondersteuning van Lede

Heelwat van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Ons verskaf inligting van geleenthede vir lede aangebied om hulp te verleen aan ander lede:\

  1. Goeie droë bosveld vuurmaakhout beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria- Meer detail hier.
  2. Covid-19 persoonlike beskerming- en sanitasieprodukte. Doelgemaakte maskers wat nie jou bril sal laat opwasem nie, handreiniger, geen-kontak sleutel en ander noodsaaklikhede. Meer detail hier.
  3. Wildsvleisresepteboek – Lede kan R50 afslag kry per eksemplaar. Ouma Leonè de Lange gee R50 afslag en skenk R50 aan SA Jagters vir elk resepteboek wat verkoop word op https://www.ouma-se-wildsboek.co.za Gebruik die “SAHUNT” promosiekode wanneer jy die boek bestel. Die resepteboek is perfek vir die jagter, en sluit 220 resepte in om op die kampvuur te maak; omskakelingstabelle vir gewig en oondtemperature; en die slaankrag van verskeie kalibers.
  4. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Takke kan ook hierdie vorms by Dorothy Ras aanvra dorothy@sahunt.co.za

Terwyl dit nou redelik stil is en ons dalk die kans het om `n klompie lede te werf kan u gerus mense bel en hulle nooi om by SA Jagters aan te sluit.

  1. Ivoorprojek

Die Doctari ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 100 messe verkoop.

Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

  1. Gedenkboek

Die inperkingsmaatreëls het ook die druk van die gedenkboek vertraag. Uiteindelik is ons boek nou in die kantoor en ons het die eerste groep wat reeds bestel is reeds versend. Die eindproduk is uitstekend. Ek weet dit was verlede Sondag reeds Vadersdag maar ek is seker `n laat geskenk sal waardeer word.

Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede luukse weergawe met `n buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir bestellings, doen die volgende:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
  2. Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak asseblief baie seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

12. Kommersiële sake

Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie loop reeds vanaf 1 November 2019 en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Dit is `n uitstekende aanbod. Lede van SA Jagters kwalifiseer vir 5% spesiale korting op aankope van jag- en skietverwante produkte. Volg die skakel by die lys van produkte hieronder vir inligting oor afslag. Vir Julie geld die volgende spesiale aanbod:

Alle Redding Herlaaitoerusting 10% plus 5% = 15% korting

Neem asseblief kennis dat die aflewering van produkte dalk bietjie later kan plaasvind.

Om hierdie geleentheid te benut:

  1. Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
    1. http://firearms.humkoop.co.za/
    2. co.za en klik op die skakel vuurwapens
    3. co.za en klik op die skakel vuurwapens
  2. Kies die produk waarin u belangstel en plaas bestelling per e-pos. Die e-pos adresse word verskaf.
  3. U moet `n opbetaalde lid wees en u moet u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting toestaan, sal hul nagaan of u `n lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
  4. Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande E-pos adresse:

E-pos Adresse

  1. arms@humkoop.co.za
  2. ammo@humkoop.co.za

Sodra die bestelling ontvang en die rekening betaal is, sal die koöperasie die produk laat aflewer.

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die meeste van hierdie verskaffers gesluit kan wees gedurende die inperking.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris
  • Dovetail Wooden Boxes
  • Compu Knit persoonlike beskerming- en sanitasieprodukte

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

  1. Fotokompetisie

SA Jagters se fotokompetisie vir lede gaan in 2020 voort. Die doel van die kompetisie is om `n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedings en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang.

Mei maand se finaliste is hier op on webwerf. Kyk ok uit vir Junie se finaliste wat kort na die einde van die maand geplaas sal word.

Ons borg het weer `n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar gemaak. Die prys sal tydens ons kongres gala-aand aan die einde van die jaar oorhandig word. Ons probeer ook om meer pryse vir die verskillende kategoriewenners te kry.

Ons kategorieë vir 2020 se kompetisie is:

  1. Ons Erfenis. Enige landskap, plant- of dierelewe (insluitend voëls en insekte) wat ons land of buurlande se natuurlike erfenis uitbeeld.
  2. Die Jagter. Foto’s wat mense of diere se jag ervarings en aksies uitbeeld. Onthou asb. dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie. Stuur daardie foto’s gerus na die tydskrif se Bokspog. 
  3. Die mens in die natuur. Enige foto’s waar mense interaksie met die natuur het.

Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf.

Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!