Fotografienuus 19 April 2022
Nuut in dié nuusbrief:
*Toekennings vir Februarie en Maart
*Wenners van die foto-uitdaging #oud en #beweging
SA Jagters Amateur Fotografiekompetisie
Baie geluk aan die volgende lede wie se kompetisiefoto’s gekies is om vanjaar op SA Jagters se HuntEx-mure te verskyn: Pierre van der Berg, Karin van Zyl en Monique Potgieter. Kliek hier om hoof muur se uitleg te besigtig op die webwerf se tuisblad, of nog te beter, besoek SA Jagters by HuntEx die komende naweek!
Die afgelope 2 maande se inskrywings se kwaliteit was fenomenaal en het ʼn rekordaantal toekennings verwerf.
Februarie het 49 inskrywings opgelewer waarvan 37 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Steven Kloppers, Lloyd Munday, Karin van Zyl, Pierre van der Berg, Tommy Liversage en Sasha Bornman.
Die skakel om die album op die webwerf te besigtig: Februarie
In Maart het ons 41 inskrywings ontvang waarvan 39 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Lloyd Munday, Rachelle van Niekerk, Edmund Hattingh, Sasha Bornman en Tommy Liversage.
Die skakel om die album op die webwerf te besigtig: Maart
Lede wie se foto’s goud, silwer of brons verdien, se eerste goud-, silwer- en bronssertifikate word op hulle lidprofiele gelaai. Lede ontvang ook via e-pos ʼn afsonderlike digitale spogsertifikaat vir elke foto wat ʼn toekenning ontvang. Lede kan via hulle tak, goud, silwer- of bronsbalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, bestel.
Die kategorieë vir die 2022 Amateur Fotokompetisie is soos volg:
1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos (alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
2) Fauna en Flora slimfoon (alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
3) Takaktiwiteite en Bewaring DSLR/spieëlloos/slimfoon (die doen en late op takvlak / bewaringsaksies of die teenoorgestelde van bewaring, soos besoedeling en strikke in die veld)
4) Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon (die gebeure op die skietbaan en gedurende kompetisies. ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
5) Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon (mense en diere in die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by bokspog@sahunter.org ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
Die beskrywing van die temas en die bygewerkte reëls is hier beskikbaar.
BAIE BELANGRIK: Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:
- Naam en van
- SA Jagters-lidnommer
- SA Jagters-tak
- Selfoonnommer
- E-posadres
- Kategorie waarvoor jy inskryf
- Plek waar die foto geneem is
- Titel van die foto
- Kamera en lensmodel (lens inligting nie vir slimfone nie)
(Wenk: knip en plak die 9-punte lysie hierbo in jou e-pos vir elke inskrywing) - Foto’s moet 300dpi en groter as 2MB en verkieslik kleiner as 10MB wees.
- Alle metadata moet sigbaar wees.
- Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 geneem wees. Ons aanvaar geen volraamfoto’s nie.
- Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.
SA Jagters Fotografieklub
Die Fotografieklub se aanlyn platform staan nou op 2116 lede. Die Fotografieklub se amptelike doen en late is vir eers op die Facebook-platform. Kliek hier om by die Facebook-groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.
Die Fotografieklub se Facebook-hoogtepunte verskyn op die SA Jagters webwerf onder Photo club hier.
Kliek hier vir die Fotografieklub se etiket en Facebook-reëls.
- Foto-uitdaging
#oud – Februarie:
Die Februarie foto-uitdaging se tema was #oud en sowat 200 foto’s inskrywings is geplaas.
Die top 50 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.
Die wenner van die uitdaging is Simonette Simi Munro, met ‘n foto van ‘n besondere klein, antieke kameratjie wat nou ‘n familie erfstuk is. Kliek hier om die wenaankondiging en foto op Facebook te besigtig.
#beweging – Maart:
Die Maart foto-uitdaging se tema was #beweging en lede het meer as 150 van hulle beste foto’s gedeel.
Die top 50 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.
Die wenner van die uitdaging is Nathan van Zyl, met ʼn foto van ʼn vliegtuig in vlug wat hy gedurende ʼn fotografiekursus geneem het. Kliek hier om die wenaankondiging en foto op Facebook te besigtig.
#mytuisdorp – April/Mei:
Die April/Mei foto-uitdaging se tema is #mytuisdorp. Alles wat jou tuisdorp uniek maak, of die dorp waar jy groot geword het, of die menige dorpe wat jy al ‘’tuis’’ genoem het oor die jare. Dit sluit in die natuurlewe, die mense, jou werksplek, die kultuur, landmerke, monumente, ens.
Kliek hier vir die Facebook skakel. Kliek hier vir die SA Jagters webwerf skakel.
Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
1) dit moet ʼn foto van enigiets wees wat volgens jou, jou tuisdorp uniek maak: die natuurlewe, die mense, jou werksplek, die kultuur, landmerke, monumente, ens.
2) een foto per plasing/inskrywing,
3) geen beperking op die hoeveelheid plasings of inskrywings per lid nie,
4) deelnemer moet ‘n lid van SA Jagters en/of van die SA Jagters Fotografieklub wees,
5) die foto moet deur jouself wees,
6) merk die foto #mytuisdorp (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand),
7) inskrywings moet die volgende insluit:
*opskrif/titel van jou foto
*plek waar die foto geneem is
*wanneer die foto geneem is
*kamera- of slimfoonmodel
*kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed), maar nie vir slimfone nie.
Aan die einde van Mei, dus is daar meer tyd vir hierdie uitdaging, kies die groep se admin die beste foto’s wat op die Facebook-groep se blad en in ‘n galery of die webblad sal verskyn. Lede kies die wenner. Die boekprys vir die wenner van die foto-uitdaging, geborg deur SA Jagters, sal in Junie aangekondig word.
SA Jagterslede wat nie ʼn Facebook-profiel het nie, maar ook aan die uitdaging wil deelneem, kan inskrywings stuur na sahuntphoto@gmail.com met #mytuisdorp in die onderwerpslyn.
- Fotografieklub Bladomslag
Elke 2de week kies die admin ʼn nuwe bladomslag vir die Fotografieklub se Facebook-blad. Lede is baie trots wanneer hulle foto’s gekies word vir die bladomslag. Dit hou die plasings baie interessant.
Die admin soek horisontale foto’s wat eenvoudig dog treffend is met genoeg spasie vir bewoording. Lede is welkom om hulle foto’s te deel en te merk #bladomslag of #coverpic.
Die nuutste bladomslag is die deur Erika Meyer geneem, kliek hier om die foto op Facebook te besigtig.
Van die vorige foto’s wat nog nie voorheen in die nuusbrief genoem was nie, is soos volg.
Kliek hier vir Rachelle van Niekerk se foto op Facebook.
Kliek hier vir CJ Fouché se foto op Facebook.
Kliek hier vir Erika Meyer se vorige foto of Facebook.
Kliek hier vir die 2022 Bladomslag-album wat opgedateer is en hier vir die 2021 Bladomslag-album op die webwerf.
- Mini foto-uitdaging
Lede wat in kosmos-blomme wêreld bly, is welkom om hulle foto’s van hierdie jaarlikse kleurespel op die Fotografieklub se Facebook blad te deel met die opskrif #kosmos en waar die foto geneem was. Die uitdaging het nie ʼn wenner of ʼn prys nie, dit is net vir die genot. Kliek hier vir die Facebook artikel.
POPI wet op kommunikasie
SA Jagters lede kan hier hulle nuusbriefopsies bestuur om te verseker dat hulle die maandelikse fotografienuusbrief ontvang. Die nuusbrief sal nog net ʼn paar keer onder algemeen verskyn, maar sal mettertyd onder die nuuskategorie Photography uitgestuur word.
Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com of skakel gedurende kantoorure 082 553 4719.