• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Fotografie Nuus Julie 2021

Die SA Jagters Fotografieklub is goed op dreef en die ledetal groei daagliks. Die SA Jagters Fotografieklub is oop vir alle lede van SA Jagters, asook familie en vriende wat die SA Jagters se belangstelling en waardes deel. Kliek hier om aan by die Facebook groep aan te sluit and nooi gerus mense uit om aan te sluit.

Die klub se Junie-foto-uitdaging tema was #stofpad. Lede het meer as 120 foto’s van `n stofpad, grondpad, tweespoorpad, sandpad, modderpad vir die uitdaging gedeel. Die wenner van die beste #stofpad foto was Martiens Enslin. Baie geluk Martiens, jou boekprys, Kalahari Photo Tips deur Hannes Lochener, voorsien deur SA Jagters, is op pad na jou toe. Kliek hier om Martiens se #stofpad foto te sien.


Die tema vir die Julie foto-uitdaging is #big3. Die uitdaging se reëls is eenvoudig:
*dit moet `n foto van `n olifant, buffel of renoster wees
*merk die foto #big3 (sodat admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand)
*sluit die foto se inligting – waar (renosters net provinsie), wanneer, kamera of slimfoonmodel en kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) by die foto in.


Die prys vir die Julie-foto-uitdaging sal later die maand op die blad bekend gemaak word.


Opleiding is een van die voordele van klublidmaatskap. Die eerste aanlyn-opleidingsessie met die onderwerp Fokus en sluiterspoed gaan op Vrydag 16 Julie van 19:00 tot 21:00 en weer op Saterdagmiddag van 15:00 tot 17:00 aangebied word. Die eerste gedeelte van die sessie is `n lesing oor die onderwerp en tweede gedeelte is in die vorm van `n vraag-en-antwoord sessie. Bywoning is gratis, maar lede moet vooraf registreer deur `n e-pos na sahuntphoto@gmail.com te stuur waarin hulle ook aandui watter een van die twee sessie hulle wil bywoon.


Enige klub navrae kan aan sahuntphoto@gmail.com gestuur word.


SA Jagters Fotokompetisie

Die SA Jagters Fotokompetisie het in Junie `n rekordgetal inskrywings ontvang waarvan 34 foto’s erkenning ontvang het. Die bestuur van die SA Jagters Amateur Fotokompetisie het besluit om die DSLR en mirrorless kameras se fotos en slimfoonfoto’s in 2 verskillende afdelings vir elke kategorie te plaas. Dit sal voortaan ook so hanteer word. Die hoofafdeling is die DSLR (digital single lens reflective) of mirrorless (spieëllose) kameras se inskrywings.


Goue DSLR erkennings is aan Edmund Hatting, Leon du Plessis, Mienkie Liversage en Tommy Liversage toegeken. Daar was ook 12 silwer DSLR erkennings, 5 brons DSLR erkennings, en 2 DSLR hoog noemenswaardige erkennings. In die selfoonkategorie, het 4 inskrywings silwer toekennings ontvang, 4 brons en 1 hoogs noemenswaardig. Die foto’s kan hier gesien word.


Die kategorieë vir inskrywings is soos volg:
1) Bewaring in aksie (DSLR of slimfoon)
2) Plant- en dierelewe (DSLR of slimfoon)
3) Ons kulturele erfenis (DSLR of slimfoon)
Kliek hier vir die reëls en meer inligting hier.


Stuur Inskrywings na sahuntphoto@gmail.com met die volgende inligting:
1) Naam en van
2) SA Jagters-lidnommer
3) Kontaktelefoonnommer
4) Kategorie waaronder die foto ingeskryf is
5) Titel en beskrywing van die foto
6) Plek waar die foto geneem is
7) Kamera en lens model / slimfoonmodel
8) Metadata mag nie geblok word nie
9) Geen handtekening, watermerke, filters of rame toegelaat.
10) Fotos moet 2 megabyt of groter wees


Fotografie opleiding

Om fotografie verder binne die vereniging te bevorder, het die bestuur van SA Jagters die bekende natuurfotograwe Marette Bennett en Brett Stanley van Refined Edges Wildlife Photography and Training genader om hul kennis tydens werkwinkels met lede te deel. Tommy en Miekie Liversage het in Maart die fotografiekursus `n toetslopie gegee en was aangenaam verras. Die foto’s wat hulle daarna in die Kgalagadi geneem het, is uit die boonste rakke en van glanstydskrifgehalte.


Vanweë die derde vlaag Covid-19 sal werkswinkels eers later in die jaar aangebied word wanneer dit weer veilig sal wees om so te doen. Die bestuur het ‘n aansienlike 25% afslag vir SA Jagters-lede beding. Die twee-dag werkswinkel kos R2800 vir lede en R3800 vir nie-lede. Dus is dit voordelig vir familie en vriende om aan te sluit by die Vereniging om hierdie voordeel te kan benut. Slegs agt mense sal per werkswinkel akkommodeer word. Plek is dus beperk en belangstellendes moet vroegtydig `n kennis van belangstelling aan Marette Bennett stuur om teleurstelling te voorkom. Takke wat groepbesprekings wil doen, moet ook Marette Bennett kontak. SA Jagters-lede wat individuele private opleiding verkies, kom in aanmerking vir 15% korting op die gewone prys. Belangstellendes en navrae kan `n epos stuur na Marette Bennett sahuntphoto@gmail.com of skalel by 082 553 4719.


Vriendelike groete,
Marette Bennett
SAJWV-SAHGCA Fotografie Administrasie en koördineerder

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!