• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Die ontwikkeling van Haelgeweerskiet binne SA Jagters

Die jag van voëls in vlug, met ‘n haelgeweer, oftewel “wingshooting”, is in die verlede baie gesien as die gebied van die Engelsman wat stywe rug, neus in die lug en Purdey oor die arm, neerkyk op die res van ons. Hierdie stereotiepe het gelukkig reeds gesneuwel, wel meestal, en gevolglik sien ‘n mens deesdae ‘n oormag van Italiaanse O/U’s, Oos Europese SBS’s en so nou en dan selfs pomp- en slotaksie en semi-outomatiese haelgewere in die jagveld en op die baan. Gevolglik neem die gewildheid van voëljag wêreldwyd toe en gerugsteun deur gesonde boerderypraktyke en ‘n nuwe uitkyk van jagters in terme van verantwoordelike en volhoubare benutting van die voëls wat ons jag, sal dit vir ‘n lang tyd so voortduur.

Oor die redes vir die toename in gewildheid kan ons lekker om ‘n kampvuur gesels, maar een van die definitiewe gevolge hiervan is dat jagters meer begin deelneem het aan aktiwiteite om hul vaardigheid gedurende die jag op te skerp en ook hul vlakke van bevrediging gedurende die jag te verhoog. Dit sluit in die voorbereiding en benutting van die jagbuit, die gebruik van hulpmiddele wat jagsukses bevorder soos roepers, lokkers en doelopgeleide jaghonde; en die verantwoordelike behoefte om sover moontlik na ‘n eenskoot-doodskoot te streef en om verwonding te voorkom.

Die laaste punt het daartoe gelei dat kleiteikenskiet toenemend aandag trek regoor die wêreld, en spesifiek by SA Jagters in Suid Afrika.

By SA Jagters het hierdie ontwikkelinge daartoe gelei dat ons ‘n paar uiteenlopende haelgeweerskietoefeninge geskep het wat in die behoeftes van beginners tot gesoute haelgeweerskuts voorsien. Om uiting te gee aan die Vereniging se karakter, is benamings soos die Fisant-, Kransduif-, Tarentaal- en Eendoefeninge gebruik.

In die verlede was baanuitlegte rigied, maar na versoeke is besluit om die oefening te standaardiseer sodat dit by bane wat volgens internasionale standaarde opgestel is, aangebied kan word. Ons het nou oefeninge wat aangebied kan word op reeds bestaande Compak, Sporting, Trap en Skeet bane. Die voordeel hiervan is dat takke wat toegang het to hierdie bane dus nie nodig het om uitgawes aan te gaan nie, terwyl dit takke steeds toelaat om hul eie bane uit te lê waar die behoefte bestaan.

Dit wil voorkom of die oefening wel geslaagd was, met net minder as 2 700 amptelike haelgeweerskietoefening-tellings, wat in 2016 geregistreer is. In 2017 het dit met sowat 15% gegroei tot ‘n raps meer as 3100. Die doelwit om ten minste ses streekskietkompetisies gedurende 2017 landwyd aan te bied, is oortref. Nege streekskietkompetisies is gedurende die jaar aangebied waaraan 317 individuele skuts deelgeneem het. Pretoria-Oos-tak bied op 17 Maart 2018 die Nasionale Haelgeweerskietkompetisie by die Wattlespring Sportskietklub aan. Dit is ‘n uitnodigingskiet, gebaseer op die ranglys wat gegenereer is tydens haelgeweer streekskietkompetisies. Uitnodigings aan die kwalifiserende skuts sal eersdaags uitgestuur word. Gaan kyk gerus solank hier wat jou posisie op die ranglys is.

Ons sê weer eens dankie virus baie goedhartige aanbod van Inyathi Sporting Supplies wat die invoerders en agente is van onder andere Fiocchi ammunisie, Browning haelgewere, Bore Tech skoonmaakbykomstighede, Schaftol houtolie en Ballistol geweerolie. Hulle skenk drie kassies 12 Boor #7.5 ammunisie aan elke Haelgeweer Streekskiet om na goeddunke van die organiseerders as pryse weg te gee. Takke wat ‘n haelgeweer streekskietbyeenkoms aanbied, kan my gerus kontak by die SAJWV-kantoor vir meer inligting. Dit is belangrik om kennis te neem dat Inyathi Sporting Supplies ‘n groothandelaar is en dus nie direk aan die publiek verkoop nie. Hulle produkte is by ‘n verskeidenheid kleinhandelaars beskikbaar.

Die volgende streke het in 2017 haelgeweer streekskietkompetisies aangebied:

  • 1 April: Eland-tak in Gauteng Suidoos;
  • 29 Julie: Gen. De la Rey-tak in Kalahari Bosveld;
  • 5 Augustus: Valschrivier-tak in Vrystaat;
  • 12 Augustus: Swartland-tak in Weskaap;
  • 9 September: Tuinroete-tak in die Oos-Kaap;
  • 16 September: Pretoria-Oos-tak in Gauteng Noord;
  • 7 Oktober: Wesrand-tak in Gauteng Suidwes;
  • 21 Oktober: Stormberg-tak in Drakensberg Oos-Kaap;
  • 28 Oktober: Oosrand-tak in Gauteng Suidoos.

Ons wil ons hartlike dank uitspreek teenoor al die gasheertakke en hul gelukwens met die suksesvolle aanbied van die skietkompetisies. Al hierdie takke het reeds laat weet dat hulle weer regstaan om in 2018 skietkompetisies aan te bied. Cheetah-tak in die Vrystaat het ook reeds ‘n streekskietbyeenkoms op hulle kalender vir die komende jaar. Die voorlopige kalender vir die Haelgeweer Streekskietkompetisies is hier beskikbaar.

Indien daar van die ander streke is wat sou belangstel om ‘n haelgeweer streekskietbyeenkoms aan te bied of enige hulp of advies sou benodig, kan die verantwoordelike persone gerus kontak maak met Boetie Kirchner by 012 808 9300 of by boetiek@sahunt.co.za.

Die formaat van die haelgeweer streekskietkompetisie is totaal geskoei op die Intertak-kompetisie. Dus word die kompetisie opgestel op ‘n totaal van 50 kleie. Dit kan as twee Compak-bane van 25 kleie elk opgestel word, of as ’n enkele Sporting-baan bestaande uit ten minste ses skietpunte met 50 kleie.

Omdat die moeilikheidsgraad wissel tussen die verskillende bane wat die streke opstel, sal die punte vir die ranglys bereken word op grond van die hoogste individuele telling vir die betrokke oefening by die betrokke tak op die betrokke dag wat dan as die maksimum (volpunte) beskou sal word. Die individuele skut se punt sal bereken word as ‘n persentasie van hierdie hoogste punt.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!