• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Fotografienuus 9 Februarie 2022

Fotografienuus 9 Februarie 2022

Nuut in dié nuusbrief:
*Goue toekennings Amateur Fotokompetisie
*Album en wenners van die foto-uitdaging #mybestefoto en #landskappe

SA Jagters Amateur Fotografiekompetisie

Die 2022 Fotokompetisie het in Oktober 2021 begin en duur tot einde September 2022. Die kwaliteit van die foto’s was weereens top gehalte. Sewe lede het goue toekennings ontvang.

Oktober het 40 inskrywings opgelewer waarvan 24 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan Pierre van der Berg met 5 goue toekennings in die Fauna en Flora DSLR/ML afdeling en aan Sasha Bornman met ʼn goud in die Fauna en Flora slimfoon-afdeling.

In November het ons 40 inskrywings ontvang waarvan 15 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan Monique Potgieter met twee goue in die Op die skietbaan afdeling en een goud in die Fauna en Flora DSLR/ML afdeling, Leon du Plessis met een goud en Pierre van der Berg met vier goud in beide die Fauna en Flora DSLR/ML afdeling.

Desember en Januarie is saamgevoeg as een ronde waarin  60 inskrywings ontvang is. Goue toekennings in die Fauna en Flora DSLR/ML afdeling gaan aan die volgende lede: Rachelle van Niekerk en Danie Erasmus met een goud elk, Tommy Liversage en Edmund Hattingh met twee elk, Leon du Plessis met drie en Pierre van der Berg met vyf toekennings. Sasha Bornman ontvang goud in die Fauna en Flora selfoon-afdeling. Baie geluk aan almal.

Die skakels van die albums op die SA Jagters webwerf:

Oktober

November

Desember en Januarie

Lede wie se foto’s goud, silwer of brons verdien, se sertifikate word op hulle lidprofiel gelaai. Lede ontvang ook ʼn afsonderlike digitale spogsertifikaat vir elke foto wat ʼn toekenning ontvang. Lede kan ook via hulle tak, goud, silwer of brons balkies bestel, soortgelyk aan die skietbalkies.

Die kategorieë vir die 2022 Amateur Fotokompetisie is soos volg:
1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos
2)
Fauna en Flora slimfoon
3)
Takaktiwiteite DSLR/spieëlloos/slimfoon
4)
Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon
5)
Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon (mense en diere in die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by bokspog@sahunter.org ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)

Die beskrywing van die temas en die bygewerkte reëls is hier beskikbaar:

  • Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en sluit die onderstaande inligting in by elke inskrywing na sahuntphoto@gmail.com:
    1. Naam en van
    2. SA Jagters-lidnommer
    3. SA Jagters-tak
    4. Selfoonnommer
    5. E-posadres
    6. Kategorie waarvoor jy inskryf
    7. Plek waar die foto geneem is
    8. Titel van die foto
    9. Kamera en lensmodel (lens nie vir slimfone nie)

      (Wenk: knip en plak die 9-punte lysie hierbo in jou epos vir elke inskrywing)
  • Foto’s moet groter as 2MB en verkieslik kleiner as 6MB wees.
  • Alle metadata moet sigbaar wees en nie geblok wees nie.
  • Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 geneem wees. Geen volraam foto’s word aanvaar nie.
  • Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.

SA Jagters Fotografieklub

Die Fotografieklub se amptelike doen en late is vir eers op die Facebook platform. Kliek hier om by die Facebook-groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.

Die Fotografieklub se Facebook-hoogtepunte verskyn op die SA Jagters webwerf onder Photo blog hier.

Kliek hier vir die Fotografieklub se etiket en Facebook-reëls.

  1. Foto-uitdaging

Landskappe – November:
Die November foto-uitdaging se tema was #landskappe en sowat 200 foto’s inskrywings is geplaas.
Die top 50 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.
Die wenner van die uitdaging is Engela Visser met die pragtige foto van ʼn gemsbok teen geel gras en berge in Namibië. Kliek hier om die foto op Facebook te besigtig.

My Beste Foto – Desember en Januarie:
Die Desember en Januarie foto-uitdaging se tema was #mybestefoto en lede het 150 van hulle top foto’s gedeel.

Die top 60 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.

Die wenner van die uitdaging is Karin van Zyl met die indrukwekkende foto van ʼn breëkoparend in die Nasionale Krugerwildtuin. Kliek hier om die foto op Facebook te besigtig.

Oud – Februarie:
Die Februarie foto-uitdaging se tema is #oud. Alles wat oud is sluit in: die vergete, verlate, stukkend, geroes, geskiedenis, erfenis, antiek, vintage, retro.
Kliek hier vir die Facebook skakel. Kliek hier vir die SA Jagters webwerf skakel.

Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
1) dit moet `ʼn foto van enige iets oud wees,
2) een foto per plasing/inskrywing,
3) geen beperking op die hoeveelheid plasings of inskrywings per lid nie,
4) deelnemer moet ‘n lid van SA Jagters en/of van die SA Jagters Fotografieklub wees,
5) die foto moet deur jouself wees,
6) merk die foto #oud (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand),
7) inskrywings moet die volgende insluit:
     *opskrif van jou foto
     *plek waar die foto geneem is
     *wanneer die foto geneem is
     *kamera- of slimfoonmodel
     *kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed), maar nie vir slimfone nie.

Aan die einde van die maand kies die groep se admin die beste foto’s wat op die Facebook-groep se blad en in ‘n galery of die webblad sal verskyn. Lede kies die wenner. Die boekprys vir die wenner van die foto-uitdaging, geborg deur SA Jagters, sal in Februarie aangekondig word.

SA Jagterslede wat nie ʼn Facebook-profiel het nie, maar ook aan die uitdaging wil deelneem, kan navrae stuur na sahuntphoto@gmail.com  Of, stuur jou foto’s met al die foto-inligting en jou persoonlike inligting na dieselfde e-posadres met #oud in onderwerplyn.

  1. Fotografieklub Bladomslag

Boetie Kirchner se foto  van ʼn pragtige huis in die Vrystaat teen dramatiese lug is vir die jongste Fotografieklub-bladomslag vir 2021 gekies.

Die eerste bladomslagfoto vir 2022 was Sasha Bornman se besonderse Witkoluil en die nuutste bladomslagfoto is Edmund Hattingh se foto van laatmiddag in die Tuli blok, Botswana.

Kliek hier vir Boetie se foto of Facebook.

Kliek hier vir Sasha se foto op Facebook.

Kliek hier vir Edmund se foto op Facebook.

Kliek hier vir die 2021 album en hier vir die 2022 album op die SA Jagters webwerf.

Elke 2de week kies die admin `ʼn nuwe bladomslag vir die Fotografieklub se Facebook-blad. Die admin soek horisontale foto’s wat eenvoudig dog treffend is met genoeg spasie vir bewoording. Lede is welkom om hulle foto’s te deel en te merk #bladomslag of #coverpic.

  1. Fotostories

Alle SA Jagterslede word uitgenooi om hulle fotostories te stuur na sahuntphoto@gmail.com onder die opskrif FOTOSTORIES.

ʼn Fotostorie moet bestaan uit die volgende:

  • ʼn reeks van 4 foto’s of meer
  • Foto’s moet almal 2mb of groter wees
  • Foto’s mag geen watermerke of ʼn raam bevat nie
  • ʼn teks paragraaf wat die storie volledig vertel
  • die inligting moet insluit: wat, waar, wanneer, hoekom en alles wat interessant was
  • kamera- en lensinligting.

Sasha Mulder se fotostorie oor Batsha die Olifant was die Fotografieklub se eerste fotostorie. Lede is welkom om weer hier daarna te gaan kyk en te sien wat ʼn goeie fotostorie verg. Die fotografieklub se bestuur sal die stories goedkeur volgens gehalte en die Fotografieklub se reëls.

POPI wet op kommunikasie

SA Jagters lede kan hier hulle nuusbriefopsies bestuur om te verseker dat hulle die maandelikse fotografienuusbrief ontvang. Die nuusbrief sal nog net ‘n paar keer onder algemeen verskyn, maar sal mettertyd onder die nuuskategorie Photography uitgestuur word.

Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com of skakel in kantoorure 082 553 4719.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!