• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Fotografienuus 05 Oktober 2021

Fotografienuus 05 Oktober 2021

Nuut in die maandelikse nuusbrief:
*opleidingsdatums
*die #voëls foto-uitdaging se top 30 en wenner
*die nuwe kategorieë en bygewerkte reëls vir die 2022 Amateur Fotokompetisie

SA Jagters Fotografie opleiding

Opleiding is deel van die inisiatief om fotografie in die Vereniging te bevorder.

Aanlynsessies

Die aanlynsessie oor Blootstellingsmodusse (Exposure modes) word weer aangebied op 15 Oktober 19:h00 tot 21:00 en herhaal op 16 Oktober 15:00 tot 17:00. Gedurende die sessie sal Programmodus (Programe mode), Diepte-van-veldmodus (Aperture priority mode), Sluiterspoedmodus (Shutterspeed priority mode), Handmatige modus (Manual mode) bespreek word. Deelname vir SA Jagterslede en Fotografieklub-lede is gratis. Bespreek asb. vroegtydig. Stuur ʼn epos na Marette Bennett sahuntphoto@gmail.com

Werkswinkels

Die 2-dag werkswinkels soos bekend gestel in die maandelikse nuusbriewe word op die volgende datums in Pretoria by die Rietvleinatuurreservaat aangebied:

22/23 Oktober 2021
29/30 Oktober 2021
12/13 November 2021
11/12 Desember 2021

Die bestuur het ‘n aansienlike 25% afslag vir SA Jagters-lede beding. Die twee-dag werkswinkel kos R2800 vir lede en R3800 vir nie-lede. Dus is dit voordelig vir familie en vriende om aan te sluit by die Vereniging om hierdie voordeel te kan benut. Slegs ses mense sal per werkswinkel geakkommodeer word. Plek is dus baie beperk en belangstellendes moet vroegtydig bespreek om teleurstelling te voorkom.

Jagters-lede wat individuele opleiding verkies, kom in aanmerking vir 15% korting op die gewone prys van R4800-00 vir die 2 dag kursus. Individuele klasse sal op weeksdae plaasvind en belangstellendes moet 3 of 4 moontlike datums saam met hulle bespreking stuur.

Bespreking moet per e-pos gedoen word by Marette Bennett sahuntphoto@gmail.com

Die werkswinkel sal die volgende aspekte van fotografie dek oor 2 dae:

  • Blootstellingsdriehoek – Sluiterspoed, diepte-van-veld en ligsensitiwiteit (ISO)
  • Blootstellingsmodusse
  • Blootstellingsvergoeding
  • Skietmodusse
  • Fokusstelsel
  • Metingmodusse
  • Witbalans
  • Kamera-opstelling
  • Beeldsamestelling

Kursesnotas is ingesluit en meer inligting sal volg met bespreking.

SA Jagters Fotografieklub

Die SA Jagters Fotografieklub is reeds goed bekend gemaak en baie suksesvol. Kliek hier om by die Facebook-groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.

Die Fotografieklub se Facebook hoogtepunte is op die SA Jagters webwerf onder Photo blog te sien. Kliek hier

In September, is meer as 200 foto’s van die allermooiste voëls ingestuur vir die uitdaging. Die wenner van die #voëls-uitdading is Cathe Roets. Cathe wen die pragtige boek: Insider’s Guide, How and Where to Photograph Birds in Southern Africa, deur Isal Pretorius, geborg deur SA Jagters.

Kliek hier om Cathe se besondere wen foto van haar Berghaan op Facebook te sien.
Kliek hier om die top 30 gallery op Facebook te sien
Kliek hier vir die top 30 #voëls webwerfskakel.

Die Oktober foto-uitdaging se tema is #katte.
Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
*Dit moet foto’s van ʼn kat/katte wees (van huiskat, wildekat tot groot kat, met ander woorde enige kat) wat jy self geneem het,
*merk die foto #katte (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand),
*sluit die foto se inligting – spesie, waar, wanneer, kamera of slimfoonmodel en kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) by die foto in.

Klier hier vir meer inligting op Facebook en hier vir die webbladskakel.

SA Jagterslede wat ook nie aan Facebook behoort nie en ook aan die uitdaging wil deelneem kan ʼn e-pos stuur na sahuntphoto@gmail.com vir meer inligting, of stuur foto’s met #katte in die onderwerplyn, saam met al die bogenoemde foto-inligting en jou persoonlike inligting.

Ons beplan om in 2022 die Fotografieklub op takvlak uit te brei. Die strategie is om ʼn fotografie-koördineerders by takke aan te stel wat uitstappies en fotogeleenthede kan reël en verdere foto-uitdagings aanbied. Die bestuur werk tans om ‘’Juniorklub’’ op die been te bring wat in 2022 sal wegspring. Meer inligting sal volg.

SA Jagters Amateur Fotokompetisie

Die 2021 rondte van die SA Jagters Amateur Fotokompetisie het einde September tot ʼn einde gekom. Die algehele wenner en kategoriewenners vir die jaar word aan die einde van Oktober aangekondig.

Die 2022-fotokompetisie begin reeds Oktober 2021 en duur tot September 2022. Desember en Januarie sal as een maand beoordeel word.

Die kategorieë vir die 2022 Amateur Fotokompetisie is soos volg:

1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos (alles in die natuur inheems tot Suider Afrika)
2)
Fauna en Flora Slimfoon (alles in die natuur inheems tot Suider Afrika)
3)
Takaktiwiteite DSLR/spieëlloos/slimfoon (al die doen en late by SA Jagters se takke)
4)
Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon (al die aktiwiteite op die skietbaan. LW, vuurwapen- en skietbaanveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
5)
Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon (Mense en diere in die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie). Jagfoto’s kan aan Bokspog vir SA Jagter/SA Hunter gestuur word by bokspog@sahunter.org )

Die reëls vir 2022 is bygewerk. Lees dit asb. en neem kennis van al die reëls:

  • Inskrywings moet met net een foto per e-pos ingestuur word.
  • Stuur inskrywings saam met die onderstaande inligting na sahuntphoto@gmail.com:
    1. Naam en van
    2. SA Jagters-lidnommer
    3. SA Jagters-tak
    4. Selfoonnommer
    5. E-posadres
    6. Kategorie waarvoor jy inskryf
    7. Plek waar die foto geneem is
    8. Titel van die foto
    9. Kamera en lensmodel (lens nie vir slimfone nie)

      (Wenk: knip en plak die 9-punte lysie hierbo in jou epos vir elke inskrywing)
  • Foto’s moet groter as 2MB en kleiner as 6MB wees.
  • Alle metadata moet sigbaar wees en nie geblok wees nie.
  • Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 wees. Geen volraam foto’s word aanvaar nie.
  • Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.

Kliek hier vir die res reëls en meer inligting.

Die September ronde van die fotokompetisie word nog beoordeel en die wenner sal in die volgende nuusbrief aangekondig word.

Die Augustus-toekennings in die SA Jagters Amateur Fotokompetisie is hier beskikbaar.

Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com of skakel in kantoorure 082 553 4719.

Vriendelike groete

Marette Bennett

SAJWV-SAHGCA Fotografie Administrasie en koördineerder

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!