• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Fotografie Nuus Augustus 2021

SA Jagters Fotografieklub

Die SA Jagters Fotografieklub is goed op dreef en die ledetal groei daagliks. Die SA Jagters Fotografieklub is oop vir alle lede van SA Jagters, asook familie en vriende wat die SA Jagters se belangstelling en waardes deel. Kliek hier om by die Facebook groep aan te sluit en nooi gerus mense uit om aan te sluit.


Die klub se Augustus foto-uitdaging tema was #Big3. Lede het meer as 150 foto’s van olifante, buffels en renosters vir die uitdaging gedeel. Admin het die top 20 fotos gekies en lede het gestem vir hulle gunsteling foto. Die wenner van die beste #Big3 foto was Sarel van der Westhuizen. Baie geluk Sarel, jou boekprys, Insider’s Guide to Top Wildlife Photography Spots in South Africa deur Shem Compion, voorsien deur SA Jagters, is op pad na jou toe.

Kliek hier omdie top 20 fotos te besigtig.

Kliek hier om Sarel se ’Olifant in die stof’ foto te sien.

Die tema vir die Augustus foto-uitdaging is #blomme. Kliek hier

Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
*dit moet `n foto van `n blom of blomme wees
*merk die foto #blomme of #flowers (sodat admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand)
*sluit die foto se inligting – waar, wanneer, kamera of slimfoonmodel en kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) by die foto in.

Die prys vir die Augustus foto-uitdaging sal later die maand op die blad bekend gemaak word.

Lede se fotos kom ook in aanmerking om op die bladomslag te verskyn. Met elke 100 nuwe lede, kies admin `n nuwe bladomslag. Admin soek fotos wat eenvouding maar treffend is, horisontaal, met genoegsame spasie vir bewoording. Kliek hier oor hoe om in aanmerking te kom vir die bladomslag.

Die `800’-lede bladomslag was die pragtige luiperd foto van Marianna Erasmus. Kliek hier om hierdie besondere foto te besigting.

Die `900’-lede bladomslag was die pragtige blom foto van Rachell van Niekerk. Kliek hier om hierdie besondere foto te besigting.

SA Jagter Fotografie-opleiding

Deel van die inisiatief om fotografie in die Vereeniging te bevorder is opleiding. Weekliks word daar fotowenke op die Fotografieklub se blad geplaas. Kliek hier en volg die #fotowenke of #phototips skakels om al die wenke te lees.

Die eeste aanlynsessies met die tema `Fokus en sluiterspoed’ het reeds plaasgevind met 24 deelnemers oor 2 sessies. Die volgende aanlynsessie met die tema `Plaasing en samestelling’ (crop and composition) vind plaas Vrydag, 20 Augustus van 19h00 tot 21h00 en word herhaal Saterdag, 21 Augustus van 15h00 tot 17h00 via Zoom. Om te registreer vir die aanlynsessie, stuur `n epos aan sahuntphoto@gmail.com met die datum van jou keuse. Aanlynsessies is gratis vir SA Jagters lede en Fotografieklub lede.

Werkswinkels sal vanaf Oktober aangebied word, maar onderhewig aan die Covid-19 omstandighede. Datums sal in September bekend gemaak word. Die bestuur het ‘n aansienlike 25% afslag vir SA Jagters-lede beding. Die twee-dag werkswinkel kos R2800 vir lede en R3800 vir nie-lede. Dus is dit voordelig vir familie en vriende om aan te sluit by die Vereniging om hierdie voordeel te kan benut. Slegs agt mense sal per werkswinkel akkommodeer word. Plek is dus beperk en belangstellendes moet vroegtydig `n kennis van belangstelling aan Marette Bennett stuur om teleurstelling te voorkom. Takke wat groepbesprekings wil doen, moet ook Marette Bennett kontak. SA Jagters-lede wat individuele private opleiding verkies, kom in aanmerking vir 15% korting op die gewone prys van R4800-00. Belangstellendes en navrae kan `n epos stuur na Marette Bennett sahuntphoto@gmail.com of skalel by 082 553 4719.

Vir inligting oor wie die aanbieders is en om hulle werk te besigtig kliek hier Marette Bennett, Brett Stanley en Refined Edges Wildlife Photography and Training.

SA Jagters Fotokompetisie

Die SA Jagters Fotokompetisie het in Julie weer `n rekordgetal inskrywings ontvang waarvan 35 foto’s erkenning ontvang het. Die bestuur van die SA Jagters Amateur Fotokompetisie het besluit om die DSLR en mirrorless kameras se fotos en slimfoonfoto’s in 2 verskillende afdelings vir elke kategorie te plaas. Dit sal voortaan ook so hanteer word. Die hoofafdeling is die DSLR (digital single lens reflective) of mirrorless (spieëllose) kameras se inskrywings.

9 Goue DSLR erkennings is uitgereik aan die volgende lede Edmund Hatting, Sarel van der Westhuizen, Sasha Mulder, Rachelle van Niekerk en Mienkie Liversage. Daar was ook 13 silwer erkennings, 9 brons erkennings, en 4 hoogs aanbeveelde erkennings. In die selfoonkategorie, het 2 inskrywings silwer toekennings ontvang en 2 brons. Die foto’s kan hier gesien word.

Die kategorieë vir inskrywings is soos volg:
1) Bewaring in aksie (DSLR of slimfoon)
2) Plant- en dierelewe (DSLR of slimfoon)
3) Ons kulturele erfenis (DSLR of slimfoon)


Kliek hier vir die reëls en meer inligting hier.

Stuur Inskrywings na sahuntphoto@gmail.com met die volgende inligting:
1) Naam en van
2) SA Jagters-lidnommer
3) Kontaktelefoonnommer
4) Kategorie waaronder die foto ingeskryf is
5) Titel en beskrywing van die foto
6) Plek waar die foto geneem is
7) Kamera en lens model / slimfoonmodel
8) Metadata mag nie geblok word nie
9) Geen handtekening, watermerke, filters of rame toegelaat.
10) Fotos moet 2 megabyt of groter wees


Alle fotografie navrae word gerig aan Marette Bennett per e-pos sahuntphoto@gmail.com of skakel in kantoorure 082 553 4719.


Vriendelike groete,

Marette Bennett

SAJWV-SAHGCA Fotografie Administrasie en koördineerder

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!