Die tema van ons volgende opwindende uitdaging is kamoefleer. Deel jou beste kamoefleerfoto’s met ons. Enigiets van ’n luiperd wat in die gras wegkruip, ’n voëltjie in ’n nes, tot ’n jagter in kamoefleerdrag in die veld. NB: die foto’s mag glad nie vuurwapens insluit nie. Dit is teenstrydig met Facebook-beleid.
Die reëls vir die foto-uitdaging is as volg:
- Enige foto wat die tema kamoefleer in die natuur in Suider-Afrika uitbeeld.
- Een foto per plasing.
- Geen beperking op die hoeveelheid plasings per lid nie.
- Deelnemers moet lede wees van SA Jagters en/of van die SA Jagters se Fotografie-klub.
- Deelnemers mag net foto’s plaas wat hulle self geneem het.
- Merk die foto #camo of #kamoefleer of #camouflage
- Inskrywings moet die volgende insluit:
- opskrif/titel van jou foto
- plek waar die foto geneem is
- wanneer die foto geneem is
- kamera of slimfoon se handelsnaam/model
- kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) maar nie nodig vir slimfone nie.
Aan die einde van Julie, kies die groep se admin die foto’s wat die tema #camo #kamoefleer#camouflage die beste uitbeeld en wat op die Facebook-groep se blad en per e-pos gedeel was.
Die foto’s sal in ‘n galery op die groep se Facebook-blad en op SA Jagters webblad verskyn. Lede stem vir die ’n wenner via die Facebook-blad. Afhangende van die hoeveelheid inskrywings, mag daar dalk nog pryse bykom wat SA Jagters borg.
June/July photo challenge: #camo #kamoefleer #camouflage
The theme of our next exciting challenge is camouflage. Share your best camouflage photographs with us. Anything from a leopard hiding in the grass, a bird in a nest, to a hunter in camouflage gear in the field. Note: Photos may not include firearms because it is against Facebook policy.
The rules for the photo challenge are as follows:
- Any photo depicting the theme of camouflage in the natural environment of Southern Africa.
- One photo per post.
- No limit on the number of posts per member.
- Participants must be members of SA Hunters and/or the SA Hunters Photography Club.
- Participants may only post photos they have taken themselves.
- Tag the photo #camo or #camouflage.
- Entries must include the following:
- Caption/title of your photo
- Location where the photo was taken
- Date the photo was taken
- Camera or smartphone brand/model
- Camera settings (F-stop, ISO, shutter speed), but not required for smartphones.
At the end of July, the group’s admin will choose the photos that best represent the theme #camo #camouflage and that were shared on the Facebook group page and via email.
The photos will appear in a gallery on the group’s Facebook page and on the SA Hunters website. Members will vote for the winner via the Facebook page. Depending