Die tema van ons volgende opwindende uitdaging is aksie en beweging. Dit sluit in mense, diere, voëls, reptiele en insekte in die natuur in Suider-Afrika. Die aksie/beweging kan gevries wees, of vervaag (blurred) wees, solank die kyker die gevoel van beweging kry. Hierdie uitdaging sal lede uitdaag om tegniek toe te pas.
Die reëls vir die foto-uitdaging is as volg:
1) Enige foto wat die tema aksie en beweging in die natuur in Suider-Afrika uitbeeld.
2) Een foto per plasing.
3) Geen beperking op die hoeveelheid plasings per lid nie.
4) Deelnemers moet lede wees van SA Jagters en/of van die SA Jagters se Fotografie-klub.
5) Deelnemers mag net foto’s plaas wat hulle self geneem het.
6) Merk die foto #aksie of #action
7) Inskrywings moet die volgende insluit:
- opskrif/titel van jou foto
- plek waar die foto geneem is
- wanneer die foto geneem is
- kamera of slimfoon se handelsnaam/model
- kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) maar nie nodig vir slimfone nie.
Aan die einde van Oktober, kies die groep se admin die foto’s wat die tema die beste uitbeeld en wat op die Facebook-groep se blad en per e-pos gedeel was.
Die foto’s sal in ‘n galery op die groep se Facebook-blad en op SA Jagters webblad verskyn. Lede stem vir die ’n wenner via die Facebook-blad. Die wenner sal in November aangekondig word.