• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Herlaai jou eie ammunisie

Die wonderlike stokperdjie van die herlaai van my eie ammunisie het my in 1978 met mening beetgekry! Aanvanklik net eers die herlaai van ammunisie vir handwapens en vanaf 1986, toenemend ook vir jaggewere. A.g.v. die plesier en die kostebesparing wat my eie ammunisie verskaf het, het ek in die afgelope sowat 30 jaar nog nooit kommersiële senterslag ammunisie gekoop nie. Die tienduisende senterslag rondtes wat ek gedurende die periode op die skietbaan en in die jagveld gebruik het, is my eie produk! Randslag ammunisie, waarvan die doppe nie herlaaibaar is nie, is gelukkig relatief goedkoop.

Vir die van ons wat gereeld skiet, is enige verhoging in die prys van ammunisie onwelkom! Gereelde prysstygings van ammunisie noop skuts om te kyk na maniere om te spaar. Vir diegene wat nog nie ammunisie herlaai nie mag dit loon om die proses te oorweeg, al is dit aanvanklik net uit ’n besparingsoogpunt – maar pasop die herlaai van ammunisie het die gewoonte om verslawend te raak.

Een van die eerste vrae van buitestaanders (persone wat nog nie self ammunisie herlaai nie) as die onderwerp ter sprake kom is die volgende: “Is die herlaai van ammunisie deur individue nie ‘n gevaarlik proses nie?” Die antwoord daarop is: Ja, dit hou risikos in maar, dit is waarskynlik minder gevaarlik as om ’n motor te bestuur.

Wanneer jy ’n motor bestuur moet jyself oor sekere vaardighede beskik, aan die algemene padreëls voldoen en altyd oplettend wees. Dikwels is dit egter die ander padgebruikers rondom jou of ander eksterne gevare soos die toestand van die pad (slaggate) wat buite jou beheer is.

Die risikos van herlaaide ammunisie kan jý, die eindgebruiker, ten volle, soos volg beheer:

  • Gebruik sistematiese, erkende prosesse in die herlaai van jou ammunisie – altyd! sonder uitsondering!;
  • Verseker dat jy betroubare data gebruik (’n erkende herlaai handleiding) en nie op hoorsê werk en ander herlaaiers se mondelinge inligting (gunsteling “resepte”) sondermeer gebruik vir jou ammunisie nie;
  • Hou behoorlik rekord van jou data en resultate;
  • Verseker dat alle herlaaide ammunisie wat jy gebruik deur jouself gelaai is;
  • Verseker dat jou herlaaide ammunisie vir jou eie wapen ontwikkel, net in daardie spesifieke wapen, afgevuur word;
  • Besef altyd dat herlaaide ammunisie so veilig of so gevaarlik is as wat jy bereid is om dit te maak!

Indien jy met behulp van bogenoemde riglyne bereid is om jou tyd te vat, jou onverdeelde aandag te gee aan dit wat jy doen, altyd seker te maak dat jy weet wat jy doen, nie probeer om “slim” te wees en kort paaie te neem nie – dan kan jy met die nodige kennis, oefening en ’n groot klomp respek, een van die mees fasinerende uitvindings ooit: die moderne vuurwapen patroon, deur jouself gelaai, in jou hand hou.

Die maklikste manier om die grondbeginsels van die herlaaiproses in aksie te sien en ook te besluit of jy die proses wil aanpak, is om by ’n vriend wat reeds ’n ou hand met die herlaai van ammunisie is te gaan sit en te kyk hoe hy of sy dit doen! Deur vrae te vra oor alles wat jy dalk nie verstaan nie, gaan jy baie gou agterkom dat die proses nie so ingewikkeld is as wat dit aanvanklik gelyk het nie.

Kyk ook mooi na watter tipe en gehalte herlaai toerusting beskikbaar is vóór jy dit aanskaf. Afhangende van jou begroting, koop eers net die basiese stukke wat jy benodig, maar soos met enige gereedskap wat jy beplan om oor ’n lang periode te gebruik – koop gehalte. My basiese stukke herlaaitoerusting is reeds meer as 30 jaar in gebruik en het waarskynlik in die omgewing van 35 000 geweer rondtes en 20 000 hanwapen rondtes herlaai en dit lewer vandag steeds dieselfde gehalte diens en produk!

Begin jou herlaai “loopbaan” aanvanklik met die basiese toerusting, vuur daardie herlaaide ammunisie in jou vuurwapen, beoordeel jou herlaaiprosesse aan die hand van die resultate en maak aanpassings waar nodig tot die resultate aan jou vereistes voldoen! Gedurende hierdie proses gaan verskeie elemente van die herlaaiproses en interne ballistiek (dit wat binne in die wapen gebeur vanaf die val van die slagpen tot die koeël die loop verlaat) en eksterne ballistiek (die gedrag van die koeël in vlug buite die wapen) baie meer duidelik word. Deel van die fassinering van die herlaaiproses vir my is die feit dat jy elke dag – stukkie vir stukkie – meer leer deur jou toepassing van daardie kennis en geleidelik ook die resultaat verbeter. Daar is baie spesialis herlaai toerusting beskikbaar, koop dit slegs aan wanneer jy langs die pad oortuig raak dat dit ’n bydrae gaan maak tot die gehalte van jou ammunisie en/of die proses vir jou vergemaklik.

Binne die takke van die SAJWV is daar baie lede wat ammunisie herlaai vir persoonlike gebruik. Die Oos Rand Tak het bv. in 2008 ’n Herlaai belange groep binne dié Tak op die been gebring wat reeds baie aktief funksioneer. Die belangstelling is so groot dat die groep reeds eenkeer per maand hul eie vergadering hou, afsonderlik van die algemene ledevergadering van die Tak! Een van die voordele is dat die lede van die Tak wat hulp of advies benodig dit geredelik by die groep kan kry deur in te skakel by hul aktiwiteite. Indien daar in jou Tak nog nie so ’n groep is nie, praat met jou Takvoorsitter en bied jou hulp aan om dit aan die gang te kry.

Die voordeel dat my herlaaide ammunisie aansienlik goedkoper is as fabrieksammunisie is lankal nie meer die enigste rede waarom ek ammunisie herlaai nie! Die gebruik van my eie herlaaide (spesiale) ammunisie het oor die jare aan my baie bevrediging verskaf en doen dit steeds. Verder “glo” ek graag dat my ammunisie meer akkuraat en meer konstant is as fabrieksgelaaide ammunisie. Daardie vertroue in jou eie ammunisie dra onmeetbaar by tot die selfvertroue waarmee jy elke skoot skiet. Jy weet wat die resultaat gaan wees want jý alleen was verantwoordelik vir die samestelling van die voltooide produk en die aanwending daarvan!

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!