Jou keuses – Lood- / nie-loodammunisie
Maak die skuif na alternatiewe loodvrye koeëls.
- Daar is effektiewe, bekostigbare alternatiewe koeëls en ammunisie beskikbaar vir wanneer jy gaan jag.
- Alternatiewe ammunisie vir haelgewere in Suid Afrika is egter beperk en baie duur indien dit wel beskikbaar is.
- Daar is ‘n behoefte aan skenkings van veilige karkaste vir aasvoëlrestaurante en rehabilitasiesentrums. Help waar jy kan.
- As jy enige vrae het oor effektiwiteit, beskikbaarheid of enige ander aspek, kontak ons gerus.
As jy loodammunisie gebruik:
- As jy gereeld met lood werk, soos die giet van koeëls of smelt van sinkers, was jou hande, dra handskoene en werk in ‘n goed geventileerde area.
- Wanneer jy ʼn binneshuise skietbaan gebruik, maak seker dit is goed geventileer.
- Moenie oor vleilande jag of waar dit riskant vir aasdiere kan wees nie.
- Navorsing het reeds bevestig dat verskeie spesies sensitief is vir lood, insluitende aasvoëls, bromvoëls, kraanvoëls, en jagluiperds. Moet niks in die veld agterlaat wat dalk loodfragmente kan bevat en diere vergiftig nie. Begrawe of verbrand dit.
- Indien probleem- of siek diere geskiet is, verwyder die karkaste uit die veld.
- Aangesien aasvoëls uiters sensitief is vir lood, moet onder geen omstandighede wild, vee, of enige vleis wat loodfragmente kan bevat, aan ‘n aasvoëlrestaurant skenk nie.
- Maak seker dat vleis wat vir verbruik bedoel is, of aan werkers geskenk word, geen loodfragmente bevat nie. Al word die wondkanaal weggesny, mag daar steeds loodfragmente in die karkas wees, veral wanneer been getref is.
Your options – Lead or lead-free ammunition
Make the change to alternative lead-free bullets.
- There are effective, affordable alternative bullets and ammunition available for when you go hunting.
- However, alternative ammunition for shotguns in South Africa is limited and very expensive, if it is available.
- There is a need for donations of safe carcasses for vulture restaurants and rehabilitation centres. Help where you can.
- If you have any questions about effectiveness, availability, or any other aspect, feel free to contact us.
If you use lead ammunition:
- If you work regularly with lead, such as casting bullets or melting sinkers, wash your hands, wear gloves, and work in a well-ventilated area.
- When using an indoor shooting range, make sure it is well-ventilated.
- Do not hunt over wetlands or where it can be risky for scavengers.
- Research has already confirmed that several species are sensitive to lead, including vultures, eagles, cranes, and cheetahs. Do not leave anything in the field that may contain lead fragments and poison animals. Bury or burn it.
- If damage-causing or sick animals were shot, remove the carcasses from the veld.
- Since vultures are highly sensitive to lead, under no circumstances should you donate wild game, livestock, or any meat that may contain lead fragments to a vulture restaurant.
- Make sure that meat intended for consumption or donated to workers does not contain any lead fragments. Even if the entry wound channel is removed, there may still be lead fragments in the carcass, especially when bone was hit.