• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Artikel oor Lood Ammunisie op RSG

deur Lizanne Nel – 2023

Hoekom is daar ʼn besorgdheid oor die effek van lood vir mense?

Die eienskappe wat verantwoordelik is vir die baie gebruike van elementêre lood sluit onder andere die plooibaarheid, gepaardgaande met die hoë digtheid in. Lood is oor die jare gebruik in onder andere brandstof, verf, wielbalansering, batterye, sinkers en ammunisie om maar net ʼn paar gebruike te noem. Soos wat navorsing ons insig in die wêreld om ons verbeter het, het dit duidelik geword dat lood giftig is vir mense, al is die impak dikwels nie dadelik klinies sigbaar in die korttermyn nie. Dit tas die bloed, senuwee, hart en nierfunksie aan. Verlaagde intelligensie, verkorte aandagspan, gehoorverlies, swak prestasie op skool en aggressie is ook in kinders aangeteken wat loodvergiftiging het. Kinders is veral baie sensitief en daar is gevind dat selfs lae bloedloodvlakke beenvorming en breinfunksie nadelig beïnvloed. Vir hierdie redes is wetgewing in plek gestel om mense se blootstelling aan lood te verlaag. Die gevolg is dat ons nou loodvrye brandstof en verf kry, en dat die vulsels in ons tande beslis nie meer van lood nie.

Het lood ook ʼn impak op natuurlewe?

Navorsing het ook nou uitgebrei na die effek van lood op wildlewe wat bevestig het dat verskeie dierspesies selfs nog meer sensitief is vir lood as die mens. Dit sluit onder andere bedreigde spesies in soos bromvoëls, aasvoëls en bloukraanvoëls. Navorsing het ook bevind dat jagluiperds baie sensitief is vir lood, en in een studie waar twee jagluiperds gevoer was met wildsvleis wat met loodammunisie geskiet is, het beide loodvergiftiging opgedoen. Die een het gevrek en die ander een het ná behandeling oorleef.

In ‘n onlangse studie waarby een van ons lede, dr Xander Combrink van TUT betrokke was, is bevind dat lood (Pb) teenwoordig was in bloedmonsters van al 22 wilde krokodille in St. Lucia wat hulle ondersoek het. Een van die krokodille het die hoogste bloedloodvlakke ooit vir ʼn gewerwelde dier getoon. Krokodille wat oor ʼn langtermyn aan lood blootgestel word, kan bloedarmoede ontwikkel en die toestand van hulle tande kan só ernstig verswak dat nuwe tande nie kan vorm nie. Die diere vrek uiteindelik weens wanvoeding. Hierdie simptome stem ooreen met loodvergiftiging wat by voëls en soogdiere waargeneem is.

Gedurende die studie op die krokodille, het navorsers die maaginhoud van die krokodille ondersoek en veelvuldige loodsinkers en ander hengelgerei wat lood bevat, is aangetref. Dit is moontlik dat krokodille aktief loodsinkers teiken om natuurlik gastroliete (maagstene) aan te vul, veral by St. Luciameer se sanderige kusvlaktes met sy modderneerslae en weinig klippe. Hengelaars se waarnemings bevestig ook dat krokodille aktief aas aan vislyne jaag en soms suksesvol vang en insluk.

Hoe word skadelike lood opgeneem in mense en diere en waar is die grootste blootstelling?

Loodabsorpsie is ʼn komplekse proses en word deur verskillende faktore beïnvloed. Hoe meer oplosbaar lood is, hoe makliker word dit opgeneem. Loodasetaat wat in sekere versoeters voorkom, word makliker geabsorbeer as soliede lood van ammunisiefragmente wat ʼn mens inkry deur wildsvleis te eet wat loodfragmente bevat. Suurgehalte speel ook ʼn belangrike rol en sou daar byvoorbeeld loodfragmente in wildsvleis wees, kan voorbereiding van ʼn gereg met asyn of wyn die absorpsie van die lood verhoog. Dit is dan ook die rede hoekom aasvoëls so uiters sensitief is vir lood. Hul spysverteringstelsels is uiters suur en gevolglik verhoog dit die absorpsie van lood in die bloed.

Die tempo waarteen lood deur die spysverteringstelsel gaan, beïnvloed absorpsie en die oppervlakarea wat blootgestel is. Opname van uiters klein loodfragmente of nanopartikels wat te klein is om met die oog waar te neem, vind die vinnigste plaas. Die nanopartikel word omvou deur aangrensende selle en absorpsie en vergiftiging gebeur baie vinnig. Ná absorpsie beweeg die lood na die bloed, lewer en niere wat gewoonlik binne dertig dae gebeur, of dit word in die skelet neergelê oor langer periodes.

Blootstelling aan lood gebeur op een van drie maniere: inaseming, fisiese inname of weefselabsorpsie.

Voor die oorskakeling na loodvrye brandstof, is gevind dat ʼn groot persentasie van kinders wat in stede woon, verhoogde vlakke van lood in hul bloed het weens die inaseming van petroldampe. Sedert loodvrye brandstof en verf beskikbaar is, het die insidensie afgeneem. Inaseming van lood partikels is ook gedokumenteer by kinders in twee Suid- Afrikaanse vissersdorpies waar loodsinkers gesmelt word, en by kinders van Aggeneys en Pella in die Noord-Kaap wat naby ʼn loodmyn geleë is en aan lugbesoedeling blootgestel is. Navorsing het verder gevind dat persone wat in verskeie binnehuise skietbane in Suid-Afrika skiet, verhoogde blootstelling aan lood het, veral waar daar nie goeie ventilasie is nie.

Fisiese inname van lood vind ook plaas wanneer mense gekontamineerde plante, water of kos ingeneem of wildsvleis eet wat lood bevat. Navorsing dui daarop dat mielies wat in gekontamineerde grond gekweek is, verhoogde vlakke van lood het terwyl dieselfde tendens waargeneem is by vee wat langs paaie wei en loodstof inneem uit voertuiguitlaatgasse of plante eet wat loodstof opgeneem het.

In ʼn ander studie van veerwildjagters in Groenland wat met loodammunisie jag, is gevind dat daar ʼn direkte verband is tussen die hoeveelheid gejagde voëls wat benut word en die vlakke van lood in jagters se bloed.

Wat is die implikasies?

As gevolg van die toksisiteit van lood vir mense, is daar reeds wetgewing in plek om die voorkoms daarvan in die omgewing te verminder soos bv. die oorskakeling na loodvrye verf en brandstof en spesifieke omgewingsbestuurmaatreëls vir ou batterye. Daar is ook ontwikkelings op die gebied van beheer van vleisveiligheid wat wildsvleis insluit. Soos met bees, vark skaap en hoender, word daar gekyk na etikette wat aandui of die wildsvleis wat kommersieel verkoop word, loodvry is. Eie gebruik is noodwendig die verantwoordelikheid van die jagter self en dit is belangrik dat jagters besin of hulle hul gesinne wil blootstel aan die risiko’s wat met lood gepaardgaan. Wat natuurlewe aanbetref, is daar toenemende plaaslike en internasionale druk om risiko’s ook vir wildlewe te verminder en om die gebruik van loodammunisie uit te skakel.

Risiko’s kan op verskeie maniere verminder word. SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging is deel van die National Wildlife Poison Prevention Working Group se Lood Taakspan waar ons saam met ander rolspelers in bewaring, die wildlewesektor, die regering en navorsingsinstansies werk om geïntegreerde en sinvolle oplossings te vind vir die uitdagings wat op feite geskoei is.

Wat kan jy doen om ʼn verskil te maak?

  • Kry die feite oor loodvergiftiging. SA Jagters plaas verskaf inligting hieroor op sy webwerf by www.sahunters.co.za
  • Daar rus ʼn groot verantwoordelikheid op jagters om seker te maak dat hulle die risiko’s vir loodvergiftiging bestuur, veral ten opsigte van die wildsvleis wat benut word. Onlangse x-strale wat geneem is van haar -en veerwild wat gejag is met loodgebaseerde ammunisie, het getoon dat groot hoeveelheid loodpartikels in die vleis voorkom selfs al is die wondkanaal weggesny. Loodfragmente kan redelik ver van die wondkanaal versprei in karkaste, veral waar die koeël been getref het. Van die fragmente was onsigbaar met die blote oog, maar duidelik waarneembaar op x-strale en val in die mikro- tot nanopartikel kategorie. Vier uit vyf fisante wat gejag is en waarvan X-strale geneem is, het gewys dat nie al die loodkorrels verwyder is nie. Die gebruik van wyn en asyn in gaarmaakmetodes of met die maak van biltong verhoog risiko’s vir absorpsie. Die beste opsie is om loodvrye ammunisie te gebruik. As loodammunisie wel gebruik word, kan die verwydering van die weefsel vir ongeveer 20 sentimeter rondom die wondkanaal die hoeveelheid lood wat potensieel ingeneem kan word, aansienlik verlaag. Dit bly egter ʼn risiko.
  • Die beskikbaarheid van bekostigbare en effektiewe ammunisie in Suid Afrika en Afrika is problematies. Die Lood Taakspan gee egter aandag daaraan. Vir jaggewere is daar verskeie effektiewe en bekostigbare alternatiewe koeëls beskikbaar vir jagters wat ammunisie herlaai. Vir diegene wat nie herlaai nie, is daar ook sinvolle opsies vir loodvrye ammunisie waarvan die meeste ingevoer word aangesien daar slegs een gelisensieerde ammunisievervaardiger in Suid-Afrika is wat loodvrye ammunisie maak. Geen vleis wat lood bevat, moet aan plaaswerkers geskenk word nie.
  • Jagters, boere en enigeen in die wildbedryf wat probleemdiere van kant maak, kan ook oorskakel na alternatiewe ammunisie om risiko’s te verminder. Indien loodammunisie gebruik word, moet die bloederige afval of karkaste wat loodpartikels bevat, nie in die veld gelaat word waar aasdiere dit in die hande kan kry nie. Dit moet beslis ook nie by aasvoёlvoerplekke of aasvoëlrestourante gelos word waar dit aasvoёls kan vergiftig nie. Aangesien verskeie watervoëls as deel van hul voedingsgewoontes gruis op die bodem van vleilande inneem, word aanbeveel dat daar nie met loodhael oor vleilande gejag word nie.
  • Ons versoek ook hengelaars om alternatiewe vir loodsinkers te gebruik.
  • Persone wat loodkoeëls giet, kan risiko’s verminder deur verkieslik handskoene en ʼn masker te gebruik. Dit geld ook vir die smelt van sinkers. Skuts wat binnehuise skietbane besoek, word aangeraai om seker te maak die lokaal is goed geventileer en die nodige gesondheidsmaatreëls in plek is.

Wat is die pad vorentoe?

Met die nuwe navorsing tot ons beskikking, is dit duidelik dat ons aanpassings moet maak en sinvolle oplossings moet vind om so ver moontlik die negatiewe uitwerking van lood op die mens en ons natuurlewe erfenis uit te skakel. SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging sal saam met ons vennote op die Lood Taakspan die feite oor lood aan die publiek oordra en aan hou werk aan oplossings. Dit is egter die vrywillige en verantwoordelike optrede van elke persoon wat die grootste impak het. Stuur enige navrae oor die impak van lood na conservation@sahunt.co.za

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!