SA Hunters’ members are an integral part of their communities where they establish close connections with business and landowners where they hunt or conduct other activities. It comes as no surprise that SA Hunters’ branches reach out to communities in need and provide whatever support might be required.
There are numerous examples where branches extended a helping hand to people, their livestock, and even wildlife in areas such as Sutherland that suffered from prolonged drought. Branch members rely in on the generosity and compassion of their own communities to collect donations to bring relief to those in need.
SA Jagters se lede is goed ingeburger in hulle gemeenskappe waar hulle goeie verhoudings handhaaf met sakelui en grondeienaars waar hulle soms gaan jag of ander aktiwiteite beoefen. Daarom is dit geen verrassing nie dat SA Jagters se takke sonder om te skroom hulp bied aan gemeenskappe wat in nood verkeer.
Daar is talle voorbeelde waar takke uitgereik het na mense, hulle vee en selfs wildlewe in gebiede soos Sutherland wat vir jare onder erge droogtetoestande gebuk gegaan het. Taklede maak staat op die vrygewigheid en goedhartigheid van mense in hul eie gemeenskappe vir skenkings om ander se nood te verlig.
To provide drought relief in drought-stricken areas nationwide in collaboration with relevant stakeholders and the public.
SA Hunters
Om in samewerking met relevante rolspelers en die publiek, droogtehulp te verleen in droogtegeteisterde gebiede landwyd.
SA Jagters:
SA Hunters’ members are an integral part of their communities and establish close connections with the people wherever they go hunting. For instance, members of the Overberg Branch that frequently hunt on farms in the Sutherland area, decided to assist farmers in this district in keeping their wildlife and livestock alive in areas suffering from prolonged drought where no or very little rain had fallen in five years or more. Animals were hand-fed to save them from starvation. Initially, the focus was on rescuing animals, but many families were struggling severely, and the assistance was extended to provide food to deserving families.
The branch management collected donations of animal feed and money from business and farming communities in the Overberg region and transported them to the Sutherland area.
Other branches, such as the Kamdeboo Branch, provided similar drought relief. Farmers are the frontline custodians of our natural resources and make a significant contribution to the protection of natural habitats and wildlife populations. It is the farmers who first experience the challenges of environmental changes such as droughts. By supporting farmers that take good care of natural resources, hunters contribute to the conservation of areas that they enjoy visiting for their annual hunts.
The social and emotional impact of goodwill projects like this is difficult to quantify because they affect both people and animals. These initiatives make a difference to every worker earning a wage and to the truck drivers covering thousands of kilometres to load and deliver feed. It brings hope to people when extreme circumstances threaten their livelihoods.
SA Jagters se lede is ʼn integrale deel van hulle gemeenskappe en vorm noue verbintenisse met die mense waar hul gaan jag. Só het lede van Overberg-tak (skakel na artikel) wat gereeld op plase in die Sutherland-omgewing jag, besluit om boere in dié distrik te help om hul wild en vee aan die lewe te hou in areas van uitgerekte droogte en waar dit vyf jaar laas noemenswaardig gereën het. Vee en wild is met die hand gevoer om hulle van hongersnood te red. Aanvanklik was die fokus om diere te voer, maar heelwat families het ook erg onder die droogte gely en die hulp is uitgebrei om voedsel aan hierdie mense te
Die takbestuur het skenkings van veevoer en geld onder sake- en boeregemeenskappe in die Overberg streek ingesamel en na Sutherland-gebied vervoer.
Ander takke soos die Kamdeboo-tak (skakel na artikel) het op soortgelyke wyse droogtehulp verleen. Boere is die eerste linie bewaarders van ons natuurlike hulpbronne en maak ʼn wesenlike bydra tot die beskerming van natuurlewegebiede en wildbevolkings. Dit is boere wat eerste die uitdagings van veranderende omgewingsfaktore, bv. droogtes ervaar. Deur boere te ondersteun wat verantwoordelike hulpbronbestuur toepas, dra jagters by tot bewaring van ʼn gebied waar hulle jaarliks die voordele en voorreg geniet tydens jagtogte.
Dit is moeilik om die sosiale en emosionele impak van welwillendheidsprojekte soos hierdie te bepaal omdat dit mense en diere raak. Dit maak ʼn verskil aan elke werker wat ʼn fooitjie verdien, en vragmotorbestuurders wat duisende kilometers ry om voer te laai en af te lewer. Dit gee hoop aan mense wanneer uiterste omstandighede hulle vermoë om te leef en te oorleef, bedreig.
Every member can get involved. There are opportunities for organisations to join hands and make a meaningful contribution. Drought relief offered by the branches set a valuable example that encourage others to undertake similar initiatives.
Elke lid kan betrokke raak. Daar is geleentheid vir organisasies om hande te vat waar dit sinvol is. Droogtehulp in jou tak stel ʼn waardevolle voorbeeld wat ander takke aanmoedig tot ʼn soortgelyke inisiatief.